Nuus 09:00
BULLETIN 10 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Verkiesing 2024: COPE bevestig sy registrasie en sê hy het ‘n sterk kandidaatlys
# Airlink skort vlugte na Richardsbaai op
# En, rugby: SA Rugby oorweeg ‘n afrigtersverandering vir die swak-presterende Blitsbokke
# Die Congress of the People het suksesvol geregistreer vir die komende verkiesing en mik om landwyd op alle beskikbare stembriewe te wees. Die waarnemende algemene sekretaris, Erick Mohlapamaswi, beklemtoon hulle toewyding aan die verskaffing van ‘n sosiaal-demokratiese alternatief, onkreukbare waardes van betroubaarheid en aanspreeklikheid, en verwerping van korrupsie:
# Airlink het sy vlugte na en van Richardsbaai in KwaZulu-Natal opgeskort nadat die lughawe en sy brand- en reddingsdiensvermoë afgradeer is. Die Suid-Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid sê dit diskwalifiseer die lughawe van die hantering van operasies van kommersiële lugrederye. Airlink beklemtoon die ekonomiese belangrikheid van die roete en is van plan om vlugte te hervat sodra die beperkings opgehef is.
# Die Amerikaanse president Joe Biden sê die Israelse leier Benjamin Netanyahu se benadering tot die oorlog in Gaza “skaad Israel meer as wat hy help”. Hy het die mening gister uitgespreek in ‘n onderhoud met MSNBC. Biden sê Netanyahu het die reg om Israel te verdedig en steeds Hamas te beveg, maar waarsku, die Israelse leier behoort meer aandag te gee aan die onskuldige lewens wat verloor word as gevolg van sy optrede.
# Rugby: News24 berig SA Rugby oorweeg afrigtersveranderings vir die Blitsbokke na ‘n reeks minder indrukwekkende uitslae sedert hulle oorwinning in Dubai. Die hoofafrigter Sandile Ngcobo sal waarskynlik plek maak vir sy assistent Philip Snyman vir die oorblywende drie byeenkomste in die Wêreldsewesreeks. Die Blitsbokke is sewende op die punteleer, met die toernooie in Hongkong, Singapoer en Madrid wat oorbly. Hulle het ‘n agterdeur-kwalifikasie nodig vir die Olimpiese Spele deur die repechage in Monaco in Junie, en SA Rugby sal wil seker maak die kans word nie verbrou nie.
# En, om mee af te sluit: ‘n Rekord-getal van 70 ryers, onder leiding van die Universiteit Stellenbosch se rektor en visekanselier, Wim de Villiers, neem vanoggend deel aan die Kaapstad-fietstoer. Dit is die 46ste uitgawe van die grootste tydryfietsren ter wêreld, met meer as 30-duisend deelnemers. De Villiers sê hulle beoog om ten minste vyf-duisend-rand elk in te samel vir die Move-for-Food-inisiatief, as deel van die universiteit se Oorbrug-die-gaping-fondsinsamelingsveldtog om honger studente te help wat met voedselonsekerheid op kampus sukkel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….