Follow Us
News 08:00
Sun 13th Feb 2022
Rugby: Haaie en Stormers wen teen Bulle en Leeus
Sun 13th Feb 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 13 Februarie 8 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# Suid-Afrika kan ‘n styging in BTW verwag
# Boris Johnson fokus op die Oekraïne, nie inperkingspartytjies nie
# En, krieket: Kagiso Rabada, Faf du Plessis en Quinton de Kock slaan groot slag in Indië

# ‘n Ekonoom sê president Cyril Ramaphosa se besluit om die 350-rand maatskaplike verligtingshulptoelaag te verleng, asook planne om ‘n basiese inkomstetoelaag in te stel, kan volgende jaar tot ‘n verhoging in belasting op toegevoegde waarde lei. ‘n Senior ekonoom by BNP Paribas Suid-Afrika, Jeff Schultz, voorspel die verlenging van die toelaag met een jaar sal tussen tussen 0,5- en 0,7-persent van die bruto binnelandse produk kos. Dié syfer is in die verlede op sowat 35-miljard-rand geraam. BusinessTech haal Schultz aan wat sê dit kan ‘n verhoging van een persent in BTW in 2023 tot gevolg hê.

# Die DA sê brande woed steeds in Komani in die Oos-Kaap. Die Bowler Park-sakesentrum het  gister deurgeloop en ‘n aantal pakhuise is vernietig. Skade van sowat 80-miljoen rand is aangerig. ‘n Aanliggende gebou wat deur die polisie se verskaffingskettingbestuur gebruik word, is ook beskadig. Die geskiedkundige stadsaal het verlede maand afgebrand. Dit is die vyfde verwoestende brand in die dorp die afgelope paar maande. Jane Crowley van die DA sê dit is tyd dat die leierskap van die munisipaliteit verwyder word:

Speel klankgreep: ENG JaneCrowley

# Die Britse adjunk-minister van Verdediging, James Heappey sê die eerste minister Boris Johnson se aandag gaan nie afgetrek word van sy fokus op die spanning tussen die Oekraïne en Rusland deur ‘n polisie-vraelys oor partytjies tydens die Covid-19-inperking by sy kantoor in Downing Street nie. Die BBC berig die polisie is besig om 50 mense te nader wat glo die partytjies bygewoon het om hulle betrokkenheid te verduidelik. Johnson se woordvoerder het bevestig hy het ‘n vraelys ontvang en gaan dienooreenkomstig reageer.

# Krieket: Terwyl Shreyas Iyer van Indië die grootste prys in die eerste ronde van die Indiese Premierliga se veiling in Bangalore behaal het, is Kagiso Rabada en Faf du Plessis nie ver agter nie. Die Kolkata Knight Riders het 24,5-miljoen-rand vir Iyer betaal. Punjab het Kagiso Rabada vir 18,5-miljoen-rand bekom en die voormalige kaptein van die Proteas, Faf du Plessis, is deur die Royal Challengers Bangalore vir net meer as 14-miljoen-rand gewerf. Een van die toernooi se nuwe spanne, Lucknow Super Giants, het die dienste van Quinton de Kock bekom wat sowat 13-miljoen-rand gaan verdien. Die 15de reeks van die IPL begin volgende maand.

# En ten slotte: Data op Wêreld-Radio-dag toon gehore in Suid-Afrika brei steeds uit. ‘n Mede-professor in media-studies en -produksie by die Universiteit van Kaapstad, Tanja Bosch, sê in ‘n artikel in The Conversation, in 2021 het sowat 80-persent van Suid-Afrikaners binne in tydperk van ‘n week minstens een keer na die radio geluister. Die land beskik oor 40 kommersiële en openbare radiostasies en 284 gemeenskapsradiostasies. Volgens Bosch speel gemeenskapsradio ‘n sleutelrol in die uitbou en konsolidering van demokrasie.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away