Nuus 08:00
BULLETIN 18 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa is vol vertroue oor sterk steun vir die ANC
# Suid-Afrikaners in Namibië stem vandag
# En, sokker: Arsenal se hoop is steeds op sy eerste Premierliga-titel in 21 jaar
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa is vol vertroue oor die steun vir die party in die verkiesing van 29 Mei. Ondanks vooruitskattings van steun wat afneem, sê Ramaphosa die ANC staan steeds sterk. Hy het tydens ‘n veldtog in Greytown, KwaZulu-Natal, aan ondersteuners gesê hy is seker die party se aanhangers sal in groot getalle opdaag en seker maak van ‘n beslissende oorwinning:
Nóg verkiesingsnuus is dat altesaam 744 Suid-Afrikaners in Namibië geregistreer het om vandag in die verkiesing te stem. Volgens die Verkiesingskommissie se verteenwoordiger in Namibië, Dickson Magida, het van die kiesers gister by die stembus opgedaag omdat hulle gedink het hulle kan op 17 óf 18 Mei stem. Dit het ook gebeur in Nieu-Seeland, waar kiesers ook gedink het hulle kan op beide die dae stem. Die stembus by die Hoë Kommissariaat in Windhoek is oop van sewe-uur vanoggend tot sewe-uur vanaand.
# Die burgerregte- en regsorganisasie SECTION27 het president Cyril Ramaphosa versoek om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette amptelik te onderteken. Die Wetsontwerp, wat gister deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, het ten doel om die Suid-Afrikaanse Skolewet in lyn te bring met onlangse opvoedkundige ontwikkelings en hofuitsprake. Die Wetsontwerp staar heelwat teenkanting in die gesig oor die verskuiwing van magte vanaf ouers na die staat, maar SECTION27 ondersteun wel sy maatreëls om die Departement van Onderwys se toesig te verbeter en vorige ongelykhede in die onderwysstelsel uit te wis.
# Sokker: Arsenal wil môre graag sy eerste Premierliga-titel in 21 jaar inpalm met die kampioenskap wat op die laaste dag van die seisoen beslis word. Arsenal is met twee punte agter Manchester City aan die bopunt van die punteleer. Die Gunners moet Everton in hulle laaste wedstryd die loef afsteek en vertrou Man City klop nie West Ham nie om hulle vierde agtereenvolgende titel in te palm. Die bestuurder van Arsenal, Mikel Arteta, glo sy span is gereed:
# En, laastens: Die kaptein van Portugal se sokkerspan, Cristiano Ronaldo, is tans die hoogste betaalde sportman met ‘n verdienste van 4,7-miljard-rand. Volgens die tydskrif Forbes is die Spaanse gholfspeler, Jon Rahm, tweede met ‘n geraamde inkomste van 3,9-miljard-rand, gevolg deur die kaptein van die Argentynse sokkerspan, Lionel Messi. Die res van die top tien bestaan uit die Amerikaanse basketbalspelers, LeBron James en Giannis Antetokounmpo, die kaptein van die Franse sokkerspan, Kylian Mbappé, die Brasilaanse sokkerspeler, Neymar, die Franse sokkerspeler, Karim Benzema, die Amerikaanse basketbalspeler, Stephen Curry, en die Amerikaanse voetbalspeler, Lamar Jackson.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….