Follow Us
City of Cape Town says earthy tasting water remains safe to drink
Fri 7th Jan 2022
Gesondheidsdepartement vind 551 bykomende Covid-19-sterftes tydens voortgaande oudit [KLANK]
Fri 7th Jan 2022
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 7 Januarie 8 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# SARS sal sy huis in orde kry na die staatskapingsverslag
# Die Britse regering ontplooi 200 weermaglede by Londense hospitale
# En, die Protea-paaltjiewagter Quinton de Kock verwelkom sy eersteling

# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sal optree teen diegene wat in die staatskapingsverslag betrek word. Die Ontvanger was ‘n teiken van staatskaping en is uitgewys in die eerste deel van die verslag wat hierdie week aan president Cyril Ramaphosa oorhandig is. Kommissaris Edward Kieswetter het aan die SABC gesê hulle doen alles in hulle vermoë om seker te maak behoorlike ondersoeke word gedoen:

Speel klankgreep: ENG SARS Bain&Co

Die kommissaris sê dit sal tyd neem om die organisasie se integriteit en vertroue daarin te herstel:

Speel klankgreep: ENG Sars rebuilding

# Die Oos-Kaapse polisie het ‘n 72-uur mobiliseringsplan van stapel gestuur om die moordenaars te vind wat gister in Zwide vier mense doodgeskiet het. Aanvallers het twee motors in Johnsonstraat met koeëls bestook. Een van die slagoffers se liggaam is in die voertuig aangetref terwyl drie ander in die pad gelê het. Nog ‘n persoon is met talle skietwonde na die hospitaal gehaas. Die polisie sê hulle het op die toneel beslag gelê op twee vuurwapens. Die saak is aan die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad in Gqeberha oorhandig.

# Die Britse regering het sowat 200 militêre personeellede ontplooi by hospitale in Londen wat met personeeltekorte sukkel. Mediese personeel sal dokters en verpleërs van die Nasionale Gesondheidsdiens bystaan om pasiënte te behandel terwyl ander soldate met ander pligte sal help. Volgens Sky News sê die Koninklike Verpleegkollege die regering kan nie langer die personeelkrisis in die NGS ontken nie. Die kollege beskuldig eerste minister Boris Johnson daarvan dat hy vrae vermy oor personeel se vermoë om veilige sorg te lewer. Byna 180-duisend nuwe Covid-19-gevalle is gister in die Verenigde Koninkryk aangemeld.

# Krieket: Die Protea-paaltjiewagter Quinton de Kock het pa geword. Die speler en sy vrou Sasha se eersteling is op Instagram aangekondig met die woorde “How’s it, my name is Kiara”. De Kock het die krieketwêreld onlangs geskok toe hy sy uittrede uit toetskrieket aangekondig het. Hy het gesê hy wil meer tyd saam met sy jong gesin deurbring. De Kock het in die eerste toets teen Indië gespeel en is in die tweede kragmeting vervang deur Kyle Verreyne. Suid-Afrika het dié wedstryd gister met sewe paaltjies gewen.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-71-sent teen die dollar, 17-rand-77-sent teen die euro en 21-rand-29-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 41-duisend-657-dollar-4-sent. Die prys van goud is een duisend-792-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-56-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away