Nuus 08:00
BULLETIN 21 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA staan die minister van Verdediging se versoek teen vir regshulp vir Mapisa-Nqakula
# Motorsport: Verstappen is in die voorste wegspringposisie vir die Chinese Grand Prix ná ‘n snelren-oorwinning
# En, president Ramaphosa betreur die dood van die PAC-veteraan Ernest ‘Motsoko’ Pheko
# Die DA staan die minister van Verdediging Thandi Modise se oorweging van die voormalige speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula se versoek vir finansiële bystand in haar korrupsieverhoor teen. Die party se nasionale woordvoerder oor Verdediging, Kobus Marais, waarsku teen moontlike regsoptrede, sou Modise die versoek goedkeur. Hy sê Mapisa-Nqakula se persoonlike regskoste moet nie belastingbetalers se las word nie. Marais veroordeel ook die beweerde misbruik van staatsgeld en vra aanspreeklikheid, wat die skorsing insluit van die SANW se hoof van Regsdienste, Eric Mnisi.
# Die Stad Tshwane het vyf senior amptenare as voorsorg geskors na skuldigbevindings in ‘n jaar-lange dissiplinêre proses oor die omstrede Rooiwal-tendertoekenning. Die woordvoerder Selby Bokaba sê ondanks onskuldigbevindings op drie aanklagte, is hulle vir ‘n maand sonder betaling geskors op die vierde aanklagte. Die stad sal appelleer teen die beslissing omdat hy nie saamstem met die proses nie:
# Twee Japanse maritieme selfverdedigings-magte helikopters het tydens ‘n opleidings-oefening in die see gestort. Minstens een van die agt bemanningslede is dood. Die plaaslike media berig die twee SH-60-patrollie-helikopters was gisternag besig met teen-duikboot oefeninge naby Torishima in die afgeleë Izu-eilandgroep. Die soektog na die ander bemanningslede duur voort en beide vlugopnemers is herwin. Japan se minister van Verdediging Kihara Minoru het vanoggend op ‘n nuuskonferensie gesê die twee helikopters het waarskynlik gebots.
# Motorsport: Die driemalige wêreldkampioen, Max Verstappen, het gister die eerste wegspringposisie losgeslaan vir die Chinese Grand Prix, 0,322-sekondes vóór sy Red Bull-spanmaat Sergio Perez, met Aston Martin se Fernando Alonso derde. Verstappen het die vinnigste ronde afgelê vir ‘n perfekte dag nadat hy vroeër die snelren op die Shanghai Internasionale baan gewen het. Charles Leclerc van Ferrari is in die sesde wegspringposisie, Carlos Sainz sal in die vierde ry wees, in die sewende posisie, naas George Russell van Mercedes. Lewis Hamilton, in sy Mercedes, sal vanaf die 18de posisie, in ry nege, wegspring.
# En, om mee af te sluit: President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel betuig met die dood van die bevrydingsstaatmaker Ernest ‘Motsoko’ Pheko oorgedra. Hy was 93. Die voormalige PAC-president het gedien as ‘n Parlementslid en PAC-verteenwoordiger by die Verenigde Nasies. Ramaphosa het sy veelsydige loopbaan as prokureur, skrywer, teoloog en historikus erken, en sê Pheko se nalatenskap as ‘n kampvegter van bevryding en menseregte sal voortleef.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….