Follow Us
News 08:00
Mon 22nd Nov 2021
Drie kinders sterf in ongeluk in Wes-Kaap [KLANK]
Mon 22nd Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 22 November 8 vm

Goeiemôre/Goeiemiddag,

In die bulletin:

# ‘n Lid van Hamas skiet ‘n Suid-Afrikaanse man in Jerusalem dood
# Departement van Basiese Onderwys sê ouers en bestuursliggame moet verantwoordelik gehou word vir die hoë skoolverlatingsyfer
# En, nuwe Covid-19 beperkings laat groot betogings in Brussel opvlam

# ‘n Ses-en-twintig-jarige Suid-Afrikaanse man is in die Ou Stad inJerusalem deur ‘n lid van die Palestynse Islamitiese beweging Hamas, doodgeskiet. Eliyahu Kay het in 2019 na Israel emigreer en was ‘n toergids by die Wesmuur-plein in Jerusalem. Hy is geskiet toe hy op pad was om te gaan bid en is later in die Hadassah Hospitaal oorlede. Nog drie mense, insluitend polisiebeamptes en lede van die publiek, is in die aanval gewond. Wetstoepassers het die gewapende man doodgeskiet.

# Die Departement van Basiese Onderwys werk aan verbeterde wetgewing om te verseker leerders bly in die skool. Dit volg op inligting oor skoolverlatingsyfers wat aandui meer as 200-duisend leerders het vanjaar nie teruggekeer skool toe nie. Die Covid-19-pandemie en -inperkings was die grootste oorsake. Die woordvoerder van Basiese Onderwys, Elijah Mhlanga, sê die wet sal voorsiening maak vir verpligte onderwys van graad een tot nege:

Speel klankgreep: ENG education bill

# Suid-Afrika het oor die afgelope 24-uur 687 nuwe Covid-17 gevalle aangemeld. Die meerderheid van die nuwe gevalle is in Gauteng met 79-persent, gevolg deur Noordwes en KwaZulu-Natal met vyf-persent elk. Daar was die afgelope 24-uur ‘n toename van 13 hospitaaltoelatings. Nog twee Covid-19 verwante sterftes het voorgekom. Die totale aantal sterftes tot op hede is 89-duisend-574. Die land se herstelkoers is tans 96,3-persent.

# Die polisie het gister traangas en waterkanonne gebruik om duisende mense uiteen te jaag wat in Brussel, België betoog het teen strenger Covid-19 beperkings. Volgens die BBC, is die betogers veral gekant teen die gebruik van Covid-19-passe wat mense wat nie ingeënt is nie, verhoed om by plekke soos restaurante en kroeë in te gaan. Verskeie lande beleef reeds ‘n vierde vlaag, en was daar ook versetoptrede teen inperkings in Oostenryk, Italië, Switserland, Denemarke, Kroasië en Nederland.

# Sokker: Die afgedankte bestuurder van Manchester United, Ole Gunnar Solskjaer, sê hy het sy bes vir die klub gedoen. Hy het gister die trekpas gekry na Saterdag se vier-een nederlaag op Watford. Manchester United het net een van sy afgelope sewe Premierliga-wedstryde gewen en is sewende op die punteleer, 12 punte agter die voorloper Chelsea. Die afrigter van die eerste span Michael Carrick, is tydelik in beheer. Solskjaer sê hy het sy tyd by die klub geniet:

Speel klank: ENG SolskjaerOnClub

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-72-sent teen die dollar, 17-rand-74-sent teen die euro en 21-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-103-dollar-6-sent. Die prys van goud is een duisend-847-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-72-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Available
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away