Nuus 08:00
BULLETIN 15 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Brenthurst-stigting sê Zuma se toetrede stel ‘n uitdaging aan die ANC
# ActionSA versoek die Parlement om ‘n gekwalifiseerde en bevoegde Adjunk Openbare Beskermer aan te stel
# En, Trump se mosie om die saak oor geklassifiseerde dokumente af te wys, word verwerp
# Die skuld vir oudpresident Jacob Zuma se herontwaking en die gevaar wat dit vir die ANC inhou, moet volgens die Brenthurst-stigting voor president Cyril Ramaphosa se deur gelê word omdat hy nie korrupsie in die party hanteer het nie. Die stigting se onlangse opname toon 80-persent deelnemers glo die land beweeg in die verkeerde rigting. Sewe-en-twintig-persent van die deelnemers beskou korrupsie as ‘n ernstige probleem. Greg Mills van die stigting sê die versuim om die Zuma-kwessie te hanteer, verteenwoordig ʼn dramatiese nuwe dinamiek in Suid-Afrikaanse politiek.
# ActionSA doen ʼn beroep op die parlementêre komitee vir Justisie en Korrektiewe Dienste om nie eng party-politieke belange voorop te stel by die aanstelling van ʼn geskikte kandidaat as adjunk- openbare beskermer nie. Die pos het verlede jaar vakant geraak nadat met Kholeka Gcaleka onderhoude gevoer en sy as nuwe Openbare Beskermer aangestel is. Die komitee het Woensdag met sewe kandidate onderhoude gevoer en sal volgende week beraadslaag. Julie Seton van ActionSA sê die kantoor van die Openbare Beskermer moet voldoende en die beste personeel hê:
# Die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, NhlaNhla Mkhwanazi, sê polisiebronne in eThekwini is tot die uiterste beproef weens die twee weke lange staking deur munisipale werkers. Die werkers wat by die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie geaffilieer is, eis hoër lone. Die staking wat nou op ‘n einde is, het tot gevolg dat dienslewering geraak is en meer as 80 werkers is afgedank. ‘n Polisiewoordvoerder, Jay Naicker, sê 25 verdagtes is in hegtenis geneem en na hulle hofverskyning op borgtog vrygelaat:
# ʼn Regter in Florida, Amerika, het een van oudpresident Donald Trump se mosies in sy saak oor die hantering van geklassifiseerde dokumente, verwerp. Sy prokureurs voer aan die strafregtelike klagte onder die Wet op Spioenasie, is onduidelik. Trump hou reeds lank vol hy het volgens die federale regering se klassifikasie-owerheid die reg gehad om die dokumente te hou tydens sy ampstermyn as president. Hy het op 40 strafregtelike klagtes in die saak onskuldig pleit. Regter Aileen Cannon sê dit sou ʼn buitengewone stap wees om in Trump se guns te beslis.
# Sokker: Liverpool het deurgedring na die Europa-liga se kwarteindronde nadat hy Sparta Prague met ses-een verslaan het om die gelykopstryd oor die geheel geneem met elf-twee te wen. Jurgen Klopp se span wat reeds na die eerste deel met vyf-een voorgeloop het, was in die tweede afdeling weer genadeloos en het hulle grootste algehele oorwinning in meer as vier dekades in ʼn Europese kompetisie behaal. Intussen het Aston Villa met Ajax afgereken om die eerste keer sedert 1998 die kwarteindronde te haal. Die bestuurder, Unai Emery, was tevrede met die vertoning:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-76-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-436-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-163-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 85-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….