Follow Us
Hoof van menseregte by Verenigde Nasies veroordeel die dood van vreedsame betogers in Soedan
Fri 19th Nov 2021
News 07:00
Fri 19th Nov 2021
Print Friendly, PDF & Email

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 19 November 7 vm

Goeiemôre,

In die bulletin:

# ‘n Politieke ontleder sê bewerings van sabotasie by Eskom is gevaarlik
# Saccawu begin met ‘n onbepaalde staking by Massmart-winkels
# En, die Wêreld-gesondheidsorganisasie benadruk die behoefte om toe te sien dat almal gelyke toegang het tot Covid-19-entstowwe

# Indien bewerings van sabotasie by Eskom waar sou wees, beklemtoon dit die gevaar wat netwerke van begunstiging vir die bestuur inhou om ‘n hele ekonomie onbeskaamd in gevaar te stel. Dit is die siening van die politieke ontleder Daniel Silke. Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter, het vandeesweek bevestig dat hulle verdagte omstandighede ondersoek nadat drie eenhede by die Matimba-kragstasie in Limpopo onklaar geraak het. Silke sê die destabilisering van die netwerk is ook ‘n politieke destabilisering wat die top ANC-leierskap raak.

# Lede van die vakbond Saccawu het met ‘n onbepaalde landwye staking by die Massmart-groep begin. Massmart besit die Makro-, Game-, Builders Warehouse-, Rhino Cash and Carry-, Jumbo Wholesale- en Shield-winkels. Die vakbond se griewe handel oor onder meer salarisse, afleggings en werksomstandighede. Die vakbond se adjunk-sekretaris-generaal, Mduduzi Mbongwe, sê die groep se bestuur het geweier om ‘n algemene salarisverhoging van 500-rand aan werkers toe te staan:

Speel klankgreep: ENG MbongweOnStrike

# Betterbond is nie heeltemal verras met die terugkoopkoers wat gister tot 3,75-persent verhoog is nie. Die eiendomsmaatskappy glo dit was tyd dat die koers begin terugkeer na die vlakke van voor die Covid-19-pandemie. Met verwysing na tendense in die bedryf het die uitvoerende hoof, Carl Coetzee gesê die styging van 25 basispunte behoort nie rede tot kommer te wees nie, want huisprys-inflasie is sterker in die meeste provinsies. Coetzee glo die huismark sal vanjaar groei:

Speel klankgreep: ENG-CarlCoetzee

# Suid-Afrika het die afgelope 24-uur 585 nuwe Covid-19-gevalle aangeteken. Die meeste hiervan is in Gauteng met 33-persent, gevolg deur KwaZulu-Natal met 18-persent en die Wes-Kaap met 16-persent. Nog 33 mense is in die verslagtydperk met Covid-19 in hospitale opgeneem en nog 40 sterftes is aangemeld. Die dodetal sedert die begin van die pandemie in Suid-Afrika staan nou op 89-duisend-555. Die land se herstelkoers is steeds 96,4 persent.

# Die Wêreld-gesondheidsorganisasie het opnuut die behoefte beklemtoon om toe te sien dat almal gelyke toegang tot Covid-19-entstowwe het, om ‘n einde te bring aan die pandemie. Die organisasie het ‘n teiken gestel vir alle lande om teen einde September vanjaar tien persent van hul bevolking in te ent. Altesaam 56 lande kon nie die teiken haal nie. Maria van Kerkhove van die WGO sê die wêreldwye versuim om entstof regverdig te verdeel, benadeel talle van die wêreld se armste en mees kwesbare mense:

Speel klankgreep: ENG KerkhoveOnEquity

# Rugby: Die kaptein van Engeland, Owen Farrell, moet ‘n enkel-operasie ondergaan en sal na verwagting vir tien tot 12 weke buite aksie wees. Farrel het in verlede week se toets teen Australië op Twickenham ‘n enkelbesering opgedoen. Indien hy binne tien weke volledig herstel, sal hy die naweek van 29 Januarie weer kan speel. As dit langer sou neem, sal hy Engeland se Sesnasies-wegwedstryde teen Skotland op 5 Februarie misloop, asook op 13 Februarie teen Italië.

# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 15-rand-63-sent teen die dollar, 17-rand-75-sent teen die euro en 21-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 55-duisend-841-dollar-7-sent. Die prys van goud is een-duisend-863-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-74-sent per vat.

Vir die jongste nuusgebeure, bly ingeskakel op ……………….

Our team is here to answer your questions. Editorial questions? Chat to the Editor on duty Free Trial or general questions? Chat to Debbie Technical issues? Chat to our Tekkie
WeCreativez WhatsApp Support
Free Trial / General Enquiries
Debbie Oosthuizen: GM
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Peet Bothma
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Andries Cornelissen
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Lusanda Bill
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Technical Support
Tekkie
Away
WeCreativez WhatsApp Support
Editor on duty
Mariana Vos
Away