Nuus 06:00
BULLETIN 23 Mei 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Snelreaksiestelsel is in plek om verskille in verkiesingsuitslae te hanteer
# Die laer olieprys dui op ‘n groot daling in brandstofpryse in Junie
# En Rishi Sunak bevestig ‘n Britse algemene verkiesing sal op 4 Julie gehou word
# Die Verkiesingskommissie het verskeie maatreëls ingestel om die geloofwaardigheid van die verkiesingsuitslae te verseker. Die kommissie se verbintenis tot integriteit word verder gedemonstreer deur sy vinnige reaksiestelsel, wat daarop gemik is om teenstrydighede vinnig en beslissend aan te spreek. Die OVK se voorsitter, Mosotho Moepya, het tydens die bekendstelling van die uitslag-sentrum by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand gepraat en die sentrum as ‘n simbool van deursigtigheid en integriteit geprys wat die wettigheid van verkiesingsuitkomste vir alle kandidate sal verseker:
# Die kans op ‘n groot verlaging in die brandstofpryse volgende maand het selfs verder verbeter nadat die prys van Brent-ruolie tot die laagste vlak in drie maande gedaal het. Die Sentrale Energiefonds skat die petrol- en dieselprys kan met 87-sent per liter daal. Brent het gister teen sowat 82-dollar per vat verhandel nadat dit ‘n maand gelede net onder 90-dollar was. Die rand het ook versterk. Die nuwe pryse tree op die vyfde van volgende maand in werking.
# Die ANC-jeugliga in Gauteng doen ‘n beroep op die polisie om daadwerklik op te tree teen misdadigers wat gemeenskappe se maatskaplike orde ontwrig. Die jeugliga en inwoners van Soshanguve het gister na die polisiestasie opgeruk waar hulle teen die onlangse styging in misdaad betoog het. Dit volg ná die moord op die vyfjarige Ditebogo Phalane verlede Vrydag. Die liga-president, Collen Malatji, sê hulle eis 24-uur sigbare polisiëring:
# Die Britse premier Rishi Sunak het ‘n algemene verkiesing vir 4 Julie aangekondig. Dit volg nadat hy koning Charles versoek het om die Parlement te ontbind. Die Tories is 20 punte agter die Arbeiders in die peilings, en daar is die moontlikheid dat hulle die Konserwatiewe Party ná 14 jaar uit die kussings kan lig. Sunak sê die Britte moet kies wie bereid is om dapper op te tree om ‘n beter toekoms vir almal te verseker:
# Gholf: Die Britse tiener Kris Kim maak sy debuut op die DP World-toer by die Britse Meesters. Die 16-jarige het vroeër die maand die jongste speler in nege jaar geword wat die afsnypunt op die PGA-toer oorleef het. Die Britse Ope word die laaste naweek van Augustus op die Belfry gespeel. BBC Sport berig Kim het vroeër beïndruk as ‘n juniorspeler. Hy het drie toernooie gewen en verlede jaar Europa gehelp om die Junior Ryder-beker te wen.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-28-sent teen die dollar, 19-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-305-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-379-dollar-76-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-38-sent per vat.
# En ten slotte: President Cyril Ramaphosa gaan vandag ‘n lofrede lewer op die Kategorie 1 Spesiale Amptelike Begrafnis van ontslape regter, Yvonne Mokgoro, in Sandton. Regter Mokgoro was een van die eerste regters wat in 1994 in die Konstitusionele Hof aangestel is, en die eerste swart vroueregter van die Hooggeregshof. Sy is in die ouderdom van 73 oorlede ná komplikasies weens ‘n motorongeluk meer as ‘n jaar gelede. Die begrafnis sluit seremoniële elemente deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….