Sportnuus 13:30
BULLETIN SPORTNUUS 22 Maart 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Rugby: Vier nuwe spelers is by die Springbok-vrouespan ingesluit wat Spanje môre in ‘n eenmalige toets in Valladolid takel. Xoliswa Khuzwayo en Anathi Qolo is in die beginspan terwyl Aliyah Tchogna-Njamen en die gholfheld Ernie Els se dogter, Samantha, op die bank ingesluit is. Afrigter Louis Koen sê dis belangrik dat so veel as moontlik spelers internasionale ervaring opdoen in aanloop tot die Wêreldbeker-kwalifiseringstoernooi wat in Mei in Madagaskar plaasvind:
Nog rugbynuus is dat die Walliese senter George North maande lank op die kantlyn sal wees nadat hy sy hakskeensening geskeur het in sy laaste toets. Die 31-jarige sal ná die seisoen by die Franse klub Provence aansluit en waarskynlik nie weer vir die Walliese span Ospreys speel nie. North het Saterdag van die veld gehinkepink in die doodsnikke van die laasterondewedstyd van die Sesnasiesreeks teen Italië. Die Azzurri het 24-21 gewen om Wallis ‘n segelose jaar te besorg. North sê nie almal kry ‘n sprokies-einde nie. Hy het 21 toetse vir Wallis gespeel.
# Tennis: Die Fransman Gael Monfils het na die tweede ronde van die Miami Ope deurgedring. Die 37-jarige speler het met Dusan Lajovic van Serwië afgereken. Die Kanadades Felix Auger-Aliassime het die Australiese kwalifiseerder Adam Walton in skoon stelle uitgeskakel. In die vroueafdeling het Anhelina Kalinina van Oekraïne ‘n agterstand ingehaal om die gewese wêreld nommer-een, Caroline Wozniacki van Denemarke, in drie stelle te klop. Maria Sakkari van Griekeland en Jelena Ostapenko van Letland is ook deur na die derde ronde.
Die Wêreld-tennisvereniging het intussen begin om sy reëls te hersien sodat spelers wat opkikkerklagtes teen hulle gehad het, met spesiale keuring na die spel kan terugkeer. Vrouetennis se beheerliggaam sê hulle oorweeg die veranderings ná die hoëprofiel-saak van Simona Halep. Die Roemeen het met ʼn promotorsuitnodiging na die Miami Ope teruggekeer nadat die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie haar skorsing van vier jaar tot nege maande verminder het. Spelers wat weens opkikkeroortredings verban word, word nie deur spesiale keuring beskerm nie en moet dikwels hulle loopbane van vooraf bou.
# En ons eindig met sokkernuus: Die Gautengse polisie het ʼn soektog begin nadat die gewese Bafana Bafana-afrigter, Stanley Tshabalala, tydens ʼn inbraak by sy huis in Centurion, Tshwane, geskiet is. Tshabalala was Bafana Bafana se eerste hoofafrigter nadat Suid-Afrika in 1992 weer in internasionale sokker toegelaat is. Hy was ook Mamelodi Sundowns se breier en het sedert 2008 verskeie belangrike posisies by Orlando Pirates beklee. ʼn Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê Tshabalala sterk aan in die hospitaal:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….