Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 13 Maart 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met rugby: Die Springbok-hoofafrigter, Rassie Erasmus, het sy nuwe bestuurspan gefinaliseer met die aanstelling van die voormalige speler van Munster, Paddy Sullivan, as prestasie-ontleder. Hy kry ’n permanente pos nadat hy ’n konsultant was vir Suid-Afrika tydens verlede jaar se suksesvolle Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Sullivan sluit hom by nog twee nuwe lede aan – die voormalige All Blacks-losskakel Tony Brown as aanvalsafrigter, en die voormalige Ierse toetsspeler Jerry Flannery as verdedigingsafrigter. Erasmus sê Brown en Flannery behoort die Bokke te help om hul teenstanders altyd een voor te bly.
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, het Fabian Marozsan in skoon stelle geklop om die kwarteindronde in die Indian Wells-ope te haal. Die Spanjaard, wat verlede jaar in Rome hulle vorige kragmeting verloor het, het die Hongaar in net 75 minute met 6-3 en 6-3 verslaan. Alcaraz, wat volgende teen die Duitser Alexander Zverev te staan kom, sê hy is tevrede met sy vertoning:
# Gholf: Die PGA-reeks se kommissaris, Jay Monahan, sê onderhandelings word versnel om die raamwerk-ooreenkoms met Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds, PIF, af te handel. Die PGA-reeks, DP World-reeks en die PIF wat LIV Golf befonds, het in Junie verlede jaar ‘n raamwerk-ooreenkoms aangekondig om een liggaam vir handelsbates te vorm. Monahan sê hulle wil die beste moontlike uitkoms bewerkstellig vir die PGA-reeks en die sport:
# Sokker: Arsenal is die eerste keer in 14 jaar deur na die Kampioeneliga-kwarteindronde nadat hy FC Porto vier-twee geklop het in ‘n strafdoel-uitspeelstryd in die Emirates-stadion. Die Gunners het die laaste-16 se tweede ronde met ‘n l agterstand van 0-1 ingegaan, maar gelyk getrek toe Leandro Trossard hulle voor rustyd laat voorloop het. Geeneen van die spanne kon in bykomende tyd ‘n doel aanteken nie. Doelwagter David Raya het daarna twee strafskoppe afgeweer en Arsenal na die laaste agt laat deurgaan. Die bestuurder, Mikel Arteta, sê dié oorwinning is vir hulle ‘n grote:
# En, krieket: Skotland se beheerliggaam sê hy het reeds opgetree volgens aanbevelings in ‘n skokkende verslag wat toon dat seksisme en verouderde sienings algemeen in die sport voorkom. Vroue-spelers het Krieket Skotland daarvan beskuldig dat hy ‘n giftige omgewing skep en dat hulle bevooroordeeld is teen hulle. BBC Sport berig die uitvoerende hoof, Trudy Lindblade, sê die bevindings is ‘n verdoemende aanklag. Sy verbind haar daartoe om die sport toeganklik en veilig te maak vir alle vroue en meisies, en beloof ‘n nuwe strategie om die kwessie te hanteer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….