Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 25 Junie 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons skop af met sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê hy is uiters trots op die karakter en ingesteldheid wat hulle getoon het toe hulle die Wêreldbeker-groep A-wedstryd teen Suid-Korea moes wen. Hugo Broos se span het in Monterrey 1-0 gewen en die eerste keer ooit deurgedring na die uitklopfase. Suid-Afrika kan Sondag in Los Angeles ‘n sterk aanslag van Kanada verwag. Williams sê die afgelope paar dae se kritiek het hulle motiveer:
Afrigter Hugo Broos het ook sy span geloof. Thapelo Maseko het in die tweede helfte die wedstryd se enigste doel aangeteken en Bafana speel Sondag teen Kanada in die ronde van 32. Broos het erken die laaste 20-minute van die kragmeting was uiters spannend:
# Krieket: Die Proteas-vroue speel vanaand teen Nederland in ‘n T20 Wêreldbeker-groepwedstryd in Bristol, Engeland, en is steeds op koers vir ‘n plek in die halfeindronde. Suid-Afrika het vinnig reggekom ná die nederlaag teen Australië en dit opgevolg met oorwinnings oor Pakistan en Indië. Die vroue speel hul laaste groepwedstryd teen Bangladesj. Die Proteas is tans derde in die groep na Australië en Indië, maar Indië moet nog teen die sterk span van Australië speel. Slegs die top-twee spanne in elke groep dring deur na die halfeindronde.
Nog krieketnuus: Engeland se kaptein, Ben Stokes, hou vol daar is geen onenigheid tussen hom en afrigter Brendon McCullum nie. Stokes en die snelbouler Gus Atkinson is uitgelaat vir die tweede toets teen Nieu-Seeland ná ‘n voorval in ʼn nagklub. Engeland het ver verloor. Hulle is onskuldig bevind na ondersoeke deur die Engelse en Walliese Krieketraad en die Onafhanklike Krieket-reguleerder. Stokes sê sy skorsing het hom en McCullum nader aan mekaar gebring:
# En Statebondspele: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee het ʼn sterk span aangekondig om die land op die Statebondspele in Glasgow, Skotland, te verteenwoordig. Die atlete sal meeding in atletiek, swem, boks, gimnastiek, para-atletiek, netbal, judo, rolbal, gewigoptel, fietsry en rolstoel-basketbal. Atlete soos Chad le Clos, Akani Simbine, Caitlin Rooskrantz, Bridget Calitz, Erin Gallagher, en Prudence Sekgodiso sal deelneem. Die Spele vind van 23 Julie tot 2 Augustus plaas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….