Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 29 Mei 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met tennis: Die verdedigende kampioen, Coco Gauff van Amerika, en wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka, is deur na die Franse Ope se derde rondte. Gauff het die Egiptenaar, Mayar Sherif, gemaklik verslaan terwyl Sabalenka van Belarus met Elsa Jacquemot van Frankryk afgereken het. Die sesde gekeurde Amerikaner, Amanda Anisimova, is ook deur na die derde rondte nadat die Oostenryker, Julia Grabher, onttrek het toe sy die eerste stel met 6-0 verloor. In die mansafdeling het die 17-jarige Moise Kouame van Frankryk, Adolfo Daniel Vallejo van Paraguay verslaan om die vyfde jongste man te word ‘n Grand Slam se derde rondte wen.
Nog tennisnuus is, die 23-malige Grand Slam-kampioen, Serena Williams, beplan glo om volgende maand haar terugkeer te maak op die grasbane van Queen’s Club in Londen. Die 44-jarige Amerikaner het ʼn los lootjie versoek om in die dubbelspel saam met die Kanadees, Victoria Mboko, te speel ná ses maande in die opkikker-toetsgroep. Williams het laas in 2022 in die Amerikaanse Ope gespeel en gesê sy het nie uitgetree nie, maar eerder net weg beweeg van die sport. Mboko weier om die berigte te bevestig:
# Rugby: Die Springbok Sewes-se afrigter Philip Snyman, sê die naweek sal ‘n sterk geestelike fokus deurslaggewend wees in die tweede van drie Wêreldreeks-toernooie in Valladolid, Spanje. Suid-Afrika het die eerste kampioenskapstoernooi in Hongkong gewen. Die Blitsbokke speel vandag twee Groep A-wedstryde, teen Groot-Brittanje en Kenia, en Saterdag pak hulle Australië. Snyman sê hulle sal die naweek hul beste vertoning van die seisoen moet lewer om te kan wen:
Ander rugbynuus, die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, het ʼn herskommelde span aangewys vir hul laaste kragmeting in die Internasiobale Onder-20-reeks teen Georgië wat môre in Stellenbosch plaasvind. Kaptein Riley Norton is terug nadat hy die eerste wedstryd teen Chili misgeloop het weens sy betrokkenheid by die Springbok-belyningskamp. Vusi Moyo begin sy derde agtereenvolgende wedstryd op losskakel terwyl Luan Giliomee op heelagter uitdraf. Onder die losvoorspelers kry Oliver Reid, wat voorheen op die bank was, ʼn kans as een van die twee begin-stutte in die herskommelde voorry.
En laastens sokker: Lionel Messi sal in sy sesde Wêreldbeker-toernooi speel nadat hy in Argentinië se 26-man-groep bevestig is ten spyte van beserings. Die 38-jarige, wat sy land vier jaar gelede na ‘n derde Wêreldbeker-triomf in Katar gelei het, ly aan spiermoegheid in sy linker-dyspier. Ander noemenswaardige spelers wat in die groep ingesluit is, is Aston Villa se doelwagter Emiliano Martinez, Atletico Madrid se Julian Alvarez, Liverpool se Alexis Mac Allister en Chelsea se Enzo Fernandez. Argentinië is in Groep J saam met Algerië, Oostenryk en Jordanië.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….