Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 24 Maart 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met rugby: Nieu-Seeland se hoofafrigter, Dave Rennie, het sy hulpafrigtingsgroep en Hoof van Prestasie aangewys om die span na die Wêreldbeker vir mans in 2027 te lei. Neil Barnes is aangestel as senior hulpafrigter, Jason Ryan is die voorspelers se afrigter, Mike Blair is aanvalsafrigter en Tana Umaga die verdedigingsafrigter. Die prestasiehoof is Phil Healey. Barnes, een van Nieu-Seeland se mees ervare afrigters, sê sy aanstelling is ‘n eer en ʼn groot uitdaging:
# Gholf: Tiger Woods keer vandag terug na mededingende gholf, maar sonder stappery, wanneer hy in die laaste ronde van die Jupiter Links Gholfklub se TGL-binneshuise toernooi in Palm Beach Gardens in Florida afslaan. Die toernooi word vanaand afgesluit met die tweede en beslissende ronde. Woods het tot dusver as raadgewer en nie-amptelike afrigter van sy TGL-span opgetree terwyl hy herstel van ‘n diskusvervangingsoperasie in Oktober en ‘n geskeurde enkelsening verlede lente.
# Atletiek: Olimpiese kampioen Sifan Hassan het onttrek aan volgende maand se Londen-marathon weens ‘n Achillesbesering. Die Nederlandse atleet, wat goud gewen het by die 2024 Parys Spele het die besering opgedoen toe hy op ‘n trapmeul geoefen het. Hassan, wat in Ethiopië gebore is, het die vyf-duisend meter en tien-duisend meter by die Olimpiese Spele in Tokio gewen. Hy sê hy het gehoop die besering sou herstel, maar soos sy oefening gevorder het, was dit duidelik hy kon nie op die vlak wat hy van homself verwag het voorberei nie.
# Krieket: Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê die huidige leierskapsgroep, gelei deur afrigter Brendon McCullum, het die nodige passie en begeerte om die span na nuwe hoogtes te lei. Dit volg na die Engelse en Wallis Krieketraad bepaal het dat die afrigter Stokes, McCullum en besturende direkteur Rob Key in hul rolle sal bly na ‘n hersiening van die somber Ashes-reeks teen Australië. Stokes sê die afgelope drie maande was die moeilikste tydperk van sy kapteinskapsreis. Hy het erken hy het foute gemaak, maar sê hy het nog soveel om te gee.
# En laastens, sokker: Sevilla het aangekondig sy afrigter Matias Almeyda is afgedank, terwyl die sewemalige Europa Liga-kampioen hulself in die 15de plek in LaLiga bevind. Die Andalusiese klub, wat drie punte buite die relegasiesone is, het die 52-jarige voormalige Argentynse internasionale speler in ‘n kort verklaring bedank vir sy dienste. Die verklaring maak geen melding van ‘n plaasvervanger of ‘n moontlike tussentydse afrigter nie. Almeyda, wat sy afrigtingsloopbaan in 2011 by River Plate begin het, het AEK Athene van 2022 tot 2025 afgerig voor hy deur Sevilla op ‘n driejaarkontrak aangestel is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….