Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 23 Maart 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met gholf: LIV Gholf se uitvoerende hoof, Scott O’Neil, sê die sukses van die naweek se eerste LIV-toernooi in Afrika het bevestig Suid-Afrika is die tuiste van ‘n lewendige gholf-kultuur, talent van wêreldgehalte, en ondersteuners wie se passie die spel ophef. Die Amerikaner Bryson DeChambeau het Jon Rahm van Spanje gister in uitspeelronde verslaan en voor ʼn rekord-skare by Steyn City in Johannesburg met die louere weggestap. O’Neil sê die besluit om LIV Gholf in 2027 na Suid-Afrika terug te bring, was vanselfsprekend:
# Motorsport: Marco Bezzecchi lei die MotoGP kampioenskap-renjaers-punteleer met elf punte, na die eerste twee wedrenne van die seisoen. Die renjaer van Aprilia Racing het Sondag die Brasiliaanse Grand Prix gewen en sy oorwinning in die seisoen-opening van die Thailand Grand Prix vroeër hierdie maand versterk. Jorge Martin het dit ‘n Aprilia 1-2 gemaak en Fabio Di Giannantonio van VR46 Racing het ‘n aanslag van die verdedigende kampioen Marc Marquez afgeweer en die derde plek behaal. Vier renjaers is na ongelukke uit, insluitend Brad Binder van Suid-Afrika. Die Amerikaanse Grand Prix vind die naweek in Austin plaas.
# Rugby: Die Springbok-vroue sewesspan het gekwalifiseer vir die drie toernooie in Hong Kong, Valladolid en Bordeaux, wat deel uitmaak van die Sewes-Wêreldkampioenskapsreeks die einde van jaar. Suid-Afrika het die naweek derde geëindig in Montevideo in Uruguay, en drie van hul vyf wedstryde gewen. Argentinië, Duitsland en die VSA het ook vir die kampioenskap gekwalifiseer. Bok-vroue se afrigter Cecil Afrika sê hy is tevrede met die algehele prestasie van sy span:
Nog rugbynuus is die Australiese Rugbyunie het sy afrigtersgeledere versterk met die aankondiging dat die voormalige All Blacks-assistent, Scott McLeod, hom as verdedigingsafrigter by die Wallabies aangesluit het. Die aanstelling bevestig die unie se eerste toevoeging tot sy nuutaangestelde hoofafrigter, Les Kiss, se afrigtingspan. McLeod is ‘n ervare afrigter wat ‘n assistent was by die Japanse Rugbyliga-span, die Kubota Spears. Hy was langer as ses jaar by die All Blacks, waar hy in die 2019 en 2023 Rugbywêreldbeker-toernooie die leisels geneem het.
# En, krieket: Australië se krieketraad gaan ten spyte van oproepe daarvoor, nie meer beheer oor kolfblaaie neem nie. Dit volg na twee toetse in die reeks om die As binne twee dae klaar was en tot ‘n verlies van miljoene gelei het. Die eerste toets in Perth en die vierde op die Melbourne-krieketveld is binne twee dae beslis. Melbourne is as onbevredigend beskryf nadat die boulers 36 paaltjies laat kantel het. Die verlore dae in Perth en Melbourne was ‘n groot finansiële slag vir Australiese krieket, met ‘n verlies van 180-miljoen-rand as gevolg van kaartjie-terugbetalings en ander kostes.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….