Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 5 Februarie 12:30 nm
Goeiemiddag. Ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met toetskrieket: Suid-Afrika het teen uitskeityd op dag twee van die eerste toets teen Nieu-Seeland in Mount Maunganui 80 vir vier op die telbord gehad. Rachin Ravindra het sy merkwaardige terugkeer voortgesit, en sy eerste dubbele honderdtal bereik, toe hy 240 van 366 balle aangeteken het, voordat die Black Caps op 511 in hul eerste beurt uitgeboul is. Die SA kaptein Neil Brand het ses paaltjies ingeöes. In antwoord is David Bedingham onoorwonne op 29, met Suid-Afrika wat nog 431 lopies agter Nieu-Seeland is, met ses paaltjies staande.
Ander krieket: Die verdedigende kampioene, Sunrisers Eastern Cape, het die Paarl Royals in Gqeberha met vyf paaltjies verslaan en is ná die eerste rondomtalie-ronde boaan die S-A-20-punteleer. Jos Buttler het met 38 die meeste lopies aangeteken en die Royals het in hulle 20 boulbeurte 159 vir sewe op die telbord geplaas. In antwoord daarop het Temba Bavuma ‘n vennootskap van 63-lopies met kaptein Aiden Markram gedeel en Patrick Kruger was onoorwonne op 25 na sewe aflewerings om die Sunrisers se oorwinning te verseker. Kruger sê hulle geniet dit om as ʼn span wedstryde te jaag:
# Vervolgens, rugby: Engeland se losskakel, George Ford, sê die span se benadering tot verdediging en aanval het verander en dis nou lekker om deel daarvan te wees. Steve Borthwick se manne het Italië naelskraaps met 27-25 verslaan in hulle eerste Sesnasies-wedstryd in Rome. Engeland is verlede jaar by die Wêreldbeker gekritiseer omdat hy die bal wegskop en nie genoeg ambisie toon met die bal in die hand nie. Ford sê hulle doelwit is nou om agter die bal te kom, die verdediging aan te val en drieë te druk. Engeland se volgende wedstryd is Saterdag teen Wallis op Twickenham.
# Nou tyd vir gholf: Rhys Enoch van Wallis het die S-D-C Ope op die Zebula-gholflandgoed en Spa in Limpopo gewen, nadat hy twee houe voor die Suid-Afrikaners Deon Germishuys en Martin Rohwer geëindig het. Die Suid-Afrikaner Dylan Naidoo was vierde op 20 onder baansyfer, met George Bloor en Chris Paisley van Engeland een hou verder terug in ‘n gesamentlike vyfde plek. Enoch, wat die uitdaag-toernooi nou die tweede keer gewen het, sê hy is bly om op die wenpad terug te wees na ‘n moeilike twee jaar van beserings:
Ons sluit af met ander gholf: Die laaste ronde van die Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië vind vandag plaas nadat spel gister gestaak is weens swaar weer en kommer oor veiligheid. Die Amerikaanse Ope-kampioen, Wyndham Clark van Amerika, is die voorloper en een hou voor Ludvig Åberg van Switserland. Die wenner van verlede week se Farmers Insurance Ope, die Fransman Matthieu Pavon, is twee houe agter die voorloper en in die derde plek. Dis die derde keer in ses jaar dat die toernooi ʼn vyfde dag nodig het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….