Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 25 September 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met rugby: Die Springbokafrigter Rassie Erasmus sê hulle sal nie die gevaarlike Argentyne in Saterdag se Rugbykampioenskap-botsing in Durban onderskat nie. Die Bokke het tien van hul laaste 12 wedstryde sedert 2018 teen die Pumas gewen met hul enigste twee nederlae teen Argentinië die afgelope seisoen en in 2018. Erasmus sê die Los Pumas hou oral gevaar in, veral met sterk voorspelers en uiters talentvolle agterspelers:
Intussen het Argentinië se kanse om vir ‘n verrassing in die Rugbykampioenskap te sorg, soos wat hulle in 2015 in Durban vermag het, ‘n reusehupstoot gekry. Losskakel, Tomas Albornoz, het by die groep aangesluit en sal waarskynlik in die beginvyftiental wees in Durban vir die wedstryd teen die Bokke. Albanoz is ‘n groot rede waarom Felipe Contepomi se span soveel aansien geniet. Wat hom ‘n uitblinker maak, is sy vermoë om die agterlyn aan die gang te kry en om gate in teenstanders se verdediging te kloof.
En, die afrigter van Nieu-Seeland, Scott Robertson het vier veranderinge aan die span gemaak wat ‘n geskiedkundige nederlaag teen die Springbokke gely het, vir hulle wedstryd teen Australië. Die wedstryd, as deel van die Rugbykampioenskap, vind Saterdag op Eden Park plaas. Fabian Holland is in die span in die plek van kaptein Scott Barrett wat beseer is, terwyl Codie Taylor van sy besering herstel het. Die skrumskakel, Cam Roigard, en vleuel Caleb Clarke is ook terug in opdrafspan as die enigste ander veranderings. Robertson sê hy het vertroue in sy spelers:
# Gholf: Die tweemalige Major-wenner Collin Morikawa het die idee verwerp dat die Amerikaanse span betaling ontvang en daarom minder gedrewe is as die Europese span om die Ryder-beker te wen. Kritici het die Beroepsgholfspelersvereniging van Amerika se besluit om die Amerikaanse spanlede vir deelname aan die Ryder-beker te betaal, bevraagteken. Die Ryder-beker begin Vrydag op Bethpage Black in New York. Morikawa sê die betaling is nie oor persoonlike gewin nie:
# En om mee af te sluit: Motorsport: Marc Marquez kan hierdie naweek in Japan ná ‘n seisoen waarin hy oorheers het, sy 7de MotoGP-wêreldkampioenskap wen en daarmee die motorfietslegende, Valentino Rossi, se rekord verbeter. Die Spaanse Ducati-renjaer het ʼn enorme 512 punte en kort net drie punte meer as sy broer Alex Marquez om die titel te wen met vyf naweke oor van die seisoen van 22 wedrenne. Die 32-jarige Marquez was vanjaar onkeerbaar en sy puntetotaal is reeds ʼn seisoen-rekord vir ʼn MotoGP-jaer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….