Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 14 Julie 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die tweemalige verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, geklop en sy eerste Wimbledon-titel gewen. Die 23-jarige speler het met sy sege in vier stelle oor die Spanjaard vergoed vir sy nederlaag teen hom in die eindstryd van verlede maand se Franse Ope en sy vierde Grand Slam-titel opgeraap. Hy is ook die eerste Italianer om die Wimbledon-enkelspelkroon te dra. Sinner sê dis ‘n spesiale oomblik om die trofee te wen en sê hy lewe sy droom uit:
# Sokker: Chelsea het die Kampioeneliga-wenner, Paris Saint-Germain, met 3-0 afgeransel om die FIFA-Klubwêreldbekertoernooi te wen op die MetLife-stadion in New Jersey. Die Engelse voorspeler Cole Palmer het met twee doele geslaag en ʼn derde opgestel vir die nuweling João Pedro. Dit het Chelsea die wêreldkampioen-titel besorg ná hul oorwinning in die UEFA-konferensieliga vroeër vanjaar. Palmer, wat as speler van die toernooi aangewys is, sê hulle het twyfelaars verkeerd bewys:
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus het Ierland en Leinster se vaskopstut, Tom Clarkson, as ekstra voorspeler opgeroep vir Saterdag se eerste toets teen Australië. Die 25-jarige speler se teenwoordigheid verhoog die Ierse deel van die toergroep tot 18. Clarkson se Ierse spanmaat, die veelsydige agterspeler Jamie Osborne, het reeds in Brisbane by die groep aangeslulit nadat hy van Portugal opgeroep is in die plek van Blair Kinghorn, wat sy knie beseer het. Engeland en Saracens se haker, Jamie George, is ook opgeroep.
# Gholf: Die wêreld se nommer-158, Chris Gotterup, het Rory McIlroy ‘n tweede Skotse Ope-titel ontsê. Die Amerikaner het die finale ronde met 66 afgesluit om met twee houe te wen – die grootste oorwinnng van sy loopbaan. McIlroy deel die tweede plek met Marco Penge van Engeland. Nicolai Højgaard van Denemarke, saam met Gotterup, het ‘n vierde plek verseker in volgende week se Ope-kampioenskap met ‘n telling van 64. Gotterup sê hy het dit geniet om teen McIlory te speel:
# En motorsport: Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong oor sy broer Álex tot 83-punte vergroot toe hy die Duitse Grand Prix gewen het. Dit is die Ducati-jaer se negende MotoGP-oorwinning op die Sachsenring in die 200ste wedren van sy loopbaan. Álex het die tweede plek opgeraap vir Gresini Racing met sy spanmaat Francesco Bagnaia derde. Brad Binder van Suid-Afrika was sewende op sy Red Bull KTM. Die volgende wedren, die Tsjeggiese Grand Prix, word die naweek gehou wanneer MotoGP na ‘n afwesigheid van vyf jaar na Brno terugkeer.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….