Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 4 Julie 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Rugby: Die Junior Springbokke is oorgehaal vir ‘n trefferkragmeting met Engeland, die kampioenspan, in ‘n kritieke Groep-A-wedstryd in die Wêreldrugby onder-20 Kampioenskap vanaand in Rovigo, Italië. Die Junior-bokke is besig om momentum op te bou, met ‘n klinkende oorwinning van 73-17 oor Australië. Die afrigter Kevin Foote het Engeland se reputasie geprys en sê hy verwag ‘n opwindende stryd. Hy het vertroue in sy span uitgespreek en gesê hulle is goed voorbereid vir die taai stryd wat voorlê:
En nog rugbynuus is dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, SuperSport en die SABC ‘n ooreenkoms tussen die twee mediahuise aangekondig waardeur die SABC die komende tweede toets tussen Suid-Afrika en Italië sal uitsaai. Die ooreenkoms gee erkenning aan die wedstryd se geskiedkundige aard. Dit is die 30ste herdenking van die Springbokke se oorwinning in die 1995-Rugbywêreldbeker en is deel van SARU se viering om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te gedenk. Die wedstryd op 12 Julie sal regstreeks uitgesaai word op SABC 2, SABC-radiostasies en SuperSport.
En in nuus oor die Britse en Ierse Leeus, is dat afrigter, Andy Farrell, sy besluit verdedig het om sy seun, Owen, na Australië op te roep nadat Elliot Daly sy arm gebreek het teen die Reds. Die afrigter sê die losskakel is die regte keuse vanweë sy speelvermoë en sy ervaring van drie Leeus-toere. Die voormalige Engelse kaptein het die laaste van sy 112 toetse in 2023 gespeel en het pas ‘n beseringsgeteisterde seisoen in Frankryk voltooi. Hy sluit vandag in Sydney by die groep aan voor môre se wedstryd teen die Waratahs.
#Tennis: Carlos Alcaraz wil later vandag sy aanslag op ‘n derde opeenvolgende Wimbledon-titel momentum gee wanneer hy teen die Duitse buiteperd Jan-Lennard Struff te staan kom. Emma Raducanu van Brittanje gaan op haar beurt probeer om die nommer 1-speler Aryna Sabalenka by die lys te voeg van gunstelinge wat uitgeskakel word. Alcaraz weet hy moet sy afslaan aan die gang kry om sy Wimbledon-titel te verdedig en hy hoop om dit in die derde ronde te doen. Raducanu glo sy kan Sabalenka klop nadat sy Woensdag die Wimbledon-kampioen Marketa Vondrousova verslaan het.
# En ten slotte: Motorsport: George Russell glo hy sal in 2026 by Mercedes bly ten spyte van gerugte dat hulle Max Verstappen wil nader. Russell het vroeër gesê sy kontrakonderhandelings word vertraag deur Mercedes se belangstelling in Verstappen, Red Bull se viermalige verdedigende Formule 1-kampioen. Russell het voor die Britse Grand Prix aan die Engelse media gesê kanse is “uiters skraal” dat hy nie volgende jaar vir Mercedes sal jaag nie. Russell is tans vierde in die bestuurderskampioenskap. Die 27-jarige renjaer het in 2017 deur Mercedes se junior program gevorder en jaag sedert 2022 voltyds in hulle F1-span.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….