Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 11 April 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons slaan af met gholf: Justin Rose van Engeland, wat in Johannesburg gebore is, het ‘n voorsprong van drie houe na die openingsronde van die Meesterstoernooi op Augusta in Georgia. Die 44-jarige het sewe-onder baansyfer, 65, aangeteken, gevolg deur die verdedigende kampioen, Scottie Scheffer van Amerika, Ludvig Åberg van Swede en Corey Conners van Kanada, almal op vier-onder. Rory McIlroy van Noord-Ierland het sy jongste aanslag op die titel begin met 72, gelyk aan baansyfer. Rose, wat in sy 20ste Meesters speel, sê sy ervaring op die baan help baie:
Nog gholfnuus: Perrine Delacour van Frankryk en Aline Krauter van Duitsland het sewe onder 65 aangeteken en loop saam voor na die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Vroue-Ope in Somerset-Wes, Kaapstad. Hulle is een hou voor die Namibiër Bonita Bredenhann, Lucie Malchirand van Frankryk en Sara Kouskova van die Tsjeggiese Republiek. Hierdie is die laaste toernooi in vanjaar se Sonskyn Vrouetoer. Krauter is tevrede met haar vertoning in die aanvangsronde:
# Atletiek: Ses-en-dertig atlete sal Suid-Afrika môre in Gaborone verteenwoordig op Botswana se Goue Grand Prix-byeenkoms. Atlete van 30 lande sal deelneem. Die Suid-Afrikaanse-rekordhouer in die 100-meter vir mans, Akani Simbine, sal meeding met die Afrika-rekordhouer, Ferdinand Omanyala van Kenia, terwyl drie ander Suid-Afrikaanse-naellopers, Benjamin Richardson, Tsebo Matsoso en Karabo Letebele, ook sal deelneem. Die voormalige deelnemer aan die eindronde op die Wêreldkampioenskap, Luxolo Adams van Suid-Afrika, sal die plaaslike Olimpiese kampioen, Tetsile Tebogo, in die 200-meter aandurf.
# En motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, hoop Ferrari kan die naweek in Bahrein ‘n tree vorentoe gee. Die Scuderia is tans vierde in die vervaardigerskampioenskap nadat hy in die eerste drie wedrenne gesukkel het teen ander mededingers soos McLaren en Mercedes. Die Brit sê hulle het ʼn opgradering aan die voertuig gedoen wat die naweek tot beter uitslae behoort te lei:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….