Sportnuus 12:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Februarie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
# Ons begin met krieket: Die tweemalige kampioen, Sunrisers Eastern Cape, is deur na sy derde agtereenvolgende eindstryd van die SA20 nadat hy Paarl Royals in Centurion met agt paaltjies verslaan het. Royals het 175 vir vier aangeteken, waarna Tony de Zorzi en Jordan Hermann ‘n vennootskap van 111 om die tweede paaltjie gedeel het. Sunrisers het die teiken gehaal met vier balle oor. Hulle speel môre in die eindstryd op die Wanderers teen MI Cape Town. Sunrisers se kaptein, Aiden Markram, is baie tevrede:
Australiese keurders het intussen hulle hande vol om die groep vir die Kampioenetrofee te kies. Kaptein Pat Cummins, nog ‘n snelbouler, Josh Hazlewood, en die veelsydige Mitchell Marsh is almal beseer terwyl nog ‘n veelsydige speler, Marcus Stoinis, pas sy uittrede uit internasionale eendagkrieket aangekondig het. Dit beteken vier plaasvervangers vir die toernooi wat die 19de begin. Die keurders sê egter die vier se afwesigheid bied ‘n gulde geleentheid vir ander om vir die verdedigende kampioen te presteer op die internasionale verhoog.
# Vervolgens, gholf: Die Italianer Filippo Celli het ‘n aanvangsronde van ses-onder-baansyfer 66 behaal om met een hou voor te loop in die Kaapstadse Ope op Royal Cape. Die Suid-Afrikaner Malcolm Mitchell en Borja Virto van Spanje is sy naaste teenstanders. Intussen is die Suid-Afrikaner Daniel van Tonder net drie houe agter. Hy is die wenner van die laaste twee Sonskyntoer-toernooie en wil hierdie week ʼn driekuns behaal. Celli sê hy is tevrede met sy spel:
# Rugby-nuus: Wallis se afrigter, Warren Gatland, hou vol die gewese losskakel Dan Biggar is verkeerd om môre se Sesnasieswedstryd teen Italië te bestempel as hulle belangrikste wedstryd in 20 jaar. Walles het sy laaste 13 toetse verloor, wat sy swakste vertoning ooit is. Die kragmeting met die Azzurri bied Wallis waarskynlik sy beste kans om die agteruitgang te stuit. Biggar, wat nou ‘n televisie-ontleder is, het die opmerking gemaak na Wallis se vernederende nederlaag van 43-0 teen Frankryk in Parys verlede week.
Intussen vervang Matthieu Jalibert die geskorste losskakel Romain Ntamack in Frankryk se span vir môre se Sesnasieswedstryd teen Engeland op Twickenham. Ntamack het ‘n rooikaart gekry in sy eerste wedstryd vir Les Bleus na ‘n afwesigheid van 17 maande weens ‘n besering. Hy is afgestuur vir ‘n gevaarlike duikslag op die Walliese senter Ben Thomas tydens verlede naweek se wedstryd in Parys, en geskors vir drie weke of drie wedstryde. Jalibert keer terug nadat hy in November die nasionale groep om persoonlike redes verlaat het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….