Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 29 Junie 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê hy gaan nog besin oor sy toekoms. Hy het vroeër gesê hy kan dalk vertrek wanneer Suid-Afrika se Wêreldbeker-reis tot ‘n einde kom. Gister se nederlaag teen Kanada het ‘n einde gebring aan ‘n geskiedkudige veldtog waarin Bafana die eerste keer die uitklopfase van die toernooi gehaal het. Broos sê wat hy ookal besluit, gaan nie maklik wees nie:
# Krieket: Die Protea-vroue is deur na die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi nadat Indië uitgeskakel is. Suid-Afrika, wat in die vorige twee toernooie die eindstryd gehaal het, het Bangladesj met vier paaltjies verslaan in hul laaste groepswedstryd op Lord’s. Hulle het die halfeindronde gehaal nadat die sesmalige kampioen, Australië, Indië met ses paaltjies verslaan het. Die onoorwonne Australië speel môre in die eerste halfeindstryd teen die Wes-Indiese Eilande, terwyl Suid-Afrika en Engeland Donderdag sake sal uitspook.
Nog krieketnuus: Engeland se kaptein, Ben Stokes, het sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig na die huidige derde en laaste toets teen Nieu-Seeland. Dit beëindig sy internasionale loopbaan van 15-jaar, vier daarvan as kaptein. Die veelsydige Stokes het 122 toetse vir Engeland gespeel, asook 114 eendagwedstryde en 43 T20’s, en was ‘n sleutelspeler in die eindstryd van 2022 se T20-Wêreldbekertoernooi. Die 35-jarige Stokes sê die besluit is tans die beste vir hom:
# Tennis: Die Britse nommer een, Emma Raducanu, het aan Wimbledon onttrek weens ‘n stresfraktuur aan haar regterbeen. Sy sou in vandag se eerste wedstryd op Baan Een met die Kroaat, Antonia Ruzic, kragte meet. Sy sê sy sukkel reeds sedert die eindstryd op Queen’s met ongemak in haar onderbeen. Raducanu sê dit beteken vir haar alles om voor haar tuisskare op Wimbledon te speel, daarom is hierdie besluit moeilik om te verwerk.
# En motorsport: George Russell van Mercedes het die Oostenrykse Grand Prix gewen vir sy eerste sege sedert die eerste wedren van die seisoen in Australië. Max Verstappen van Red Bull was tweede en Russell se spanmaat, Kimi Antonelli, derde. Oscar Piastri van McLaren was vierde en Lewis Hamilton van Ferrari vyfde. Russell, wat nou weer net 40 punte after Antonelli in die bestuurders-kampioenskap is, sê dit voel goed om weer te wen:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….