Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 18 September 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin met krieket: Temba Bavuma is weens siekte nie deel van die geskiedkundige eerste eendagwedstryd teen Afghanistan wat vandag in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel word nie. Aiden Markram sal in sy plek die span aanvoer. Hierdie reeks eendagwedstryde is die eerste ontmoeting tussen Afghanistan en Suid-Afrika buite die Internasionale Krieketraad se toernooie. Die tweede wedstryd word Vrydag, ook in Sharjah, beslis. Hierdie reeks word gevolg deur ‘n reeks eendagwedstryde en T20’s teen Ierland in Abu Dhabi.
# En nou na rugby: Die opkomende Springbok-ster, Sacha Feinberg-Mngomezulu, is ná ʼn knie-operasie vir sowat vier en ʼn half weke buite aksie. Die 22-jarige speler het verlede maand in Johannesburg sy knie in die eerste Rugbykampioenskap-wedstryd teen Nieu-Seeland beseer. Ten spyte daarvan was hy op die bank in die tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad. Afrigter Rassie Erasmus sê Feinberg-Mngomezulu sal eers weer in November vir die toer na die Verenigde Koninkryk beskikbaar wees:
En Siya Kolisi sal in die afrigterslokaal wees wanneer die Springbokke die Argentyne Saterdag in die Rugby-kampioenskap in Santiago pak terwyl hy herstel van ‘n gesigsbesering. Salmaan Moerat gaan die span lei. Kolisi het in die tweede ontmoeting teen die All Blacks in Kaapstad met ‘n gebreekte neus gespeel na ‘n stamp teen Sam Cane in hulle eerste kragmeting op Ellispark, en sy operasie is uitgestel. Die afrigter Rassie Erasmus sê hulle wil Kolisi blootstelling gee aan wat in die afrigtershokkie aangaan:
En, Eben Etzebeth sal Victor Matfield se rekord van 127 toetse ewenaar indien hy Saterdag teen Argentinië op die veld draf. Hy begin op die bank met kaptein Salman Moerat en Ruan Nortjé die slotte in die beginspan. Springbok-afrigter Rassie Erasmus het tien veranderings aan sy opdrafspan gemaak. Ox Nché, Nortjé, Jasper Wiese, Handré Pollard en Jesse Kriel is die enigste spelers wat hulle plekke in die beginspan behou.
# En laastens, Gholf: Die driemalige major-wenner Jordan Spieth sê hy verwag om vroeg volgende jaar na die PGA-toer terug te keer nadat hy ‘n operasie aan sy gewrig moes ondergaan. Die 31-jarige ondervind sedert Mei verlede jaar probleme met sy gewrig toe hy hy ‘n besering opgedoen het terwyl hy met sy seun gespeel het. Hy wou aanvanklik nie laat opereer nie, maar liewer rus sodat dit self herstel. Die Amerikaner is uiteindelik verlede maand geopereer. Spieth sê hy herstel goed:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….