Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 22 Julie 12.30 vm
Goeiemiddag. Ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Ons begin vandag met die Olimpiese Spele: Die veteraan-Blitsbok Rosko Specman sê hulle is gereed vir ‘n taai stryd teen Ierland in Woensdag se aanvangswedstryd in Parys. Die ander spanne in Groep A is Nieu-Seeland en Japan. Specman, wat deel was van die span wat in 2016 ʼn brons medalje op die Spele in Rio gewen het, sê die byeenkoms is altyd ʼn hoogtepunt:
‘n Lid van die Springbokspan wat in 2019 die Wêreldbeker gewen het, Sbu Nkosi, is intussen skynbaar positief getoets vir ‘n verbode middel. Rapport berig die 28-jarige het positief getoets vir ‘n anaboliese steroïed wat veral liggaamsbouers gebruik. Hy is een van drie Springbokke wat Wêreldrugby in Mei getoets het. Nkosi kan vir tot vier jaar geskors word indien sy tweede monster ook positief is. Hy is die vierde Springbok sedert 2019 wat positief toets vir ‘n verbode middel ná Aphiwe Dyantyi, Chiliboy Ralepelle, en Elton Jantjies.
# Gholf is volgende aan die beurt: Die Amerikaner Xander Schauffele het sy tweede Major van die seisoen ingepalm deur die Ope op Royal Troon in Skotland met twee houe te wen. Hy is die eerste speler wat die Ope en Amerikaanse PGA-kampioenskap in dieselfde jaar wen sedert Rory McIlroy in 2014. Justin Rose van Engeland en die Amerikaner Billy Horschel was saam tweede, en die Suid-Afrikaner Thriston Lawrence vierde. Schauffele sê dis spesiaal om sy tweede Major te wen:
# Nou motorsport: Die McLaren-renjaer Oscar Piastri het ʼn dramatiese Hongaarse Grand Prix gewen vir sy heel eerste Formule Een-sege. Die Australiër het sy Britse spanmaat, Lando Norris, aan die begin verbygesteek en die grootste deel voorgeloop. Toe Norris later eerste die kuipe besoek, het hy die voortou geneem voor hy die span se opdrag gehoorsaam het om die voorste plek aan Piastri af te staan. Lewis Hamilton van Mercedes was derde in sy 200ste F1-podiumplek.
# En, ons sluit af met fietsry: Die 25-jarige Tadej Pogačar het sy derde Tour de France-titel gebuit. Die Slowaak het ses van die 21 skofte gewen en die skaars Giro d’Italia-Tour de France-dubbel gebuit. Hy het die eerste mans-fietsryer in 26 jaar geword wat albei in dieselfde seisoen kon regkry. Hy het die Tour met ses minute en 17 sekondes gewen en die titel by die tweemalige verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard van Denemarke, afgeneem. Die Belg Remco Evenepoel was derde. Pogačar sê die dubbel was ʼn wonderlik ervaring:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….