Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 05 April 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig, Harmony Gold het ‘n geskiedkundige loonooreenkoms wat oor drie jaar strek met mynwerkers gesluit. Die vakbonde NUM, Amcu, Numsa, Solidariteit en Uasa het die ooreenkoms onderteken.
# En Mail & Guardian op Vrydae:
Skryf, die tekort aan skoon drinkwater gaan ‘n deurslaggewende rol speel in die verkiesing.
GAUTENG:
# Beeld:
Lei met die verskyning van die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula in die Pretoria-landdroshof gister. Die koerant berig sy is op borgtog van 50-duisend-rand vrygelaat en die polisie sê nóg ‘n arrestasie is nie uitgesluit nie.
En tweedens word berig oor die afsterwe van die deurwinterde omroeper en sterrekenner, Hennie Maas. Hy is op 82-jarige ouderdom aan kanker oorlede.
# The Star en Pretoria News:
Skryf, die politieke partye wat aan die verkiesing gaan deelneem het hulself amptelik verbind tot ‘n vry en regverdige verkiesing.
En berig tweedens oor die opdraande stryd teen lugbesoedeling in Suid-Afrika.
# Sowetan:
Berig, Mapisa-Nqakula sê sy sal nie goed vaar in die tronk nie. Die koerant skryf sy het as eensame figuur in die hof voorgekom.
# En The Citizen:
Skryf kenners meen die feit dat die ANC sy rug draai op die voormalige speaker sou nooit gebeur het as dit nie verkiesingsjaar was nie.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Lei ook met die hofverskyning van Mapisa-Nqakula.
En tweedens skryf die koerant, die Vrystaatse Vroueboer van die Jaar vir 2016, Mimie Jacobs het in die hof in Brandfort getuig oor die plaasaanval wat sy oorleef het.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Het dieselfde hoofberig as Beeld en Volksblad oor die voormalige speaker.
En dan is daar ‘n storie oor ‘n koerier wat ‘n vol rivier met ‘n kajak moes oorsteek om verjaarsdagpakkies in die Oos-Kaap af te lewer.
# En Cape Times:
Skryf: Van die land se hoogste parlementêre ampsdraer tot bedrogbeskuldigde in die hof.
En berig, die Stad Kaapstad sê die swak toestand van die stad se riviere is die skuld van sy inwoners.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig Nelson Mandelabaai se burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Thembinkosi Mafana het ‘n beroep gedoen dat sy uitvoerende direkteur, Tabiso Mfeya, verlof moet neem weens spanning tussen hulle.
En tweedens skryf die koerant, ‘n DA-raadslid van Knysna, Sharon Sabbagh word deur die polisie ondersoek oor beweerde rassistiese opmerkings.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf, Mapisa-Nqakula het volgens ‘n politieke ontleder haar eie graf gegrawe.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig, meer as 170-duisend uit ’n totaal van 218-duisend maatskappye geregistreer by die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom voldoen nié aan nuwe maatreëls oor eienaarskap nie.
En tweedens skryf die koerant, ’n inwoner van Grootfontein het ter nouernood aan die dood ontkom toe sy voormalige lewensmaat na bewering probeer het om sy keel af te sny terwyl hy geslaap het.