Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 03 April 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die lisensies van verdagte belastingpraktisyns teruggetrek wie se eie belastingsake nie in orde is nie. Belastingbetalers is gewaarsku om nie advies te neem van diegene wat die wet oortree nie.
GAUTENG:
# Beeld:
Lei met die beslissing van die Hooggeregshof in Pretoria teen die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se versoek om haar inhegtenisneming te keer. Opposisiepartye dring daarop aan dat sy gearresteer word en as speaker bedank.
Tweedens skryf die koerant oor die Suid-Afrikaanse skaatsplankryer, Brandon Valjalo, wat hard besig is om voor te berei vir die Olimpiese Spele.
En laastens is daar ‘n brokkie oor die man wat in ‘n motorongeluk met oudpresident Jacob Zuma betrokke was. Hy is in die Eshowe-landdroshof op borgtog vrygelaat.
# The Star en Pretoria News:
Skryf ook oor die speaker wat nou aan die gereg verantwoording moet doen.
En berig oor die MK-party wat in die Verkiesingshof appelleer teen die besluit van die Verkiesingskommissie om Zuma se naam van hul benoemingslys te verwyder.
# En Sowetan:
Lei met die gesigsfoto’s van tien van die beskuldigdes wat in verband met die bedrog by die Universiteit van Fort Hare in hegtenis geneem is. Die hoofopskrif lui: “FORT HARE SUSPECTS UNMASKED”.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Lei ook met die berig oor Nosiviwe Mapisa-Nqakula.
En tweedens word ‘n uiteensetting gegee van die tariefverhogings van die Mangaung-metro.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Het dieselfde hoofberig as Beeld en Volksblad oor die speaker.
Dan skryf die koerant oor honderde jellievisse wat uitgespoel het as gevolg van ‘n sterk wind.
En laastens word berig, die verkoop van Duitse sokkertruie met die nommer 44 op die rug is gestaak omdat dit soos die Nazi-embleem van die SS lyk.
# En Cape Times:
Skryf ook oor die MK-party se appèl in die Verkiesingshof, oor Zuma se uitsluiting.
En berig, die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane word daarvan beskuldig dat sy doelbewus die aanwysing van ‘n nuwe Adjunk-openbare Beskermer in die wiele gery het.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig, nagenoeg 60-duisend oproepe van inwoners van Nelson Mandelabaai na die polisie se 10-111-nommer is onbeantwoord gelaat in die laaste boekjaar.
En skryf, ‘n histeriese vermeende 23-jarige verkragtingslagoffer is die naweek deur die polisie verwyder op die gewilde Sacramento-voetslaanpad.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf, dis Zuma teen die Verkiesingskommissie, oor sy deelname aan die verkiesing.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig, die ministerie van Verdediging en Veteranesake sê dissipline onder lede van die Namibiese Weermag het daartoe gelei dat minder inkomste gegenereer word.
En skryf tweedens, die Universiteit van Namibië het sy besluit verdedig om akademiese rekords terug te hou totdat alle uitstaande skuld van betrokke studente vereffen is.