Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 23 Februarie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig Pick ‘n Pay se aandele het die grootste daling in 25 jaar getoon nadat dit rugbaar geword het dat die winkelgroep vier-miljard-rand benodig om sy finansiële posisie te stabiliseer. Die stap kan moontlik daartoe lei dat die Ackerman-familie sy beheer oor die onderneming afstaan.
# En Mail & Guardian op Vrydae:
Skryf die ANC het moontlik nou gekoes vir ‘n koeël maar die DA het nog baie ammunisie in sy kaderontplooiingsarsenaal.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig die vermoorde narkotiseur van Mbombela, Nicholas Procter sou vandag 40 geword het. Drie verdagtes verskyn tans in die plaaslike Landdroshof in verband met die moord.
En tweedens skryf die koerant oor die 26-jarige skrumskakel van die Leeus, Morné (Krappie) van den Berg wat by die Bokgroep ingesluit is.
# The Star en Pretoria News:
Skryf oor die beweerde wydverspreide bedrog wat die Spesiale Ondersoekeenheid by die Nasionale Loterykommissie oopgekrap het.
En berig oudpresident Jacob Zuma sê president Cyril Ramaphosa het die presidentskap gekoop.
# Sowetan:
Berig die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula sê die beleid van kaderontplooiing kan misbruik kan word, maar dring daarop aan dat individue instellings bestuur en dus kan die party nie verantwoordelik gehou word nie.
# En The Citizen:
Skryf die vraag is of die sogenaamde belastingverligting in die vorm van brandstofheffings en BTW wat die ANC in die begroting aangekondig het, steeds van krag gaan wees na die verkiesing in Mei.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig die ouers van die vermoorde ds. Liezel de Jager, Henk en Salomé van Zyl, is verlig dat haar gewese man en moordbeskuldigde Werner de Jager borgtog geweier is.
En tweedens het die koerant nuus oor ‘n koedoebul wat uit ‘n waterkanaal in Grootdrink in die Noord-Kaap gered is.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei soos Volksblad met die weiering van Werner de Jager se borgtog.
En berig tweedens die soektog na die vermiste sesjarige Joslin Smith van Saldanha duur steeds voort.
# En Cape Times:
Skryf die familie van Joslin Smith vertrou steeds dat sy lewend gevind sal word.
En berig ook oor Mbalula wat die lof van kaderontplooiing besing.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die Oos-Kaapse regering is van plan om verbeterings by die Hoofman Dawid Stuurman-lughawe aan te bring wat daarop gemik is om regstreekse internasionale vlugte na Gqeberha te bring.
En tweedens skryf die koerant ‘n opwindende nuwe sportkompleks met onder meer ‘n rolhokkiebaan wat aan internasionale standaarde voldoen gaan in Gqeberha gebou word.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf Fikile Mbalula sê Zuma se MK-party hou geen bedreiging in vir die ANC nie.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig eerstens oor sogenaamde social babies wat vir maande in die babasale van staatshospitale gehou word en geen heenkome het nie aangesien daar geen inligting oor hulle beskikbaar is nie.
En tweedens skryf die koerant Namibiërs wat dié naweek hul laaste eer aan wyle president Hage Geingob by die Onafhanklikheidstadion en die Heldeakker in Windhoek gaan betoon, sal internetverbinding hê.