Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 19 Januarie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Skryf Netcare het erken hy het ‘n keuringsverslag van Thabi Leoka geignoreer waarin aangedui is haar hoogste kwalifikasie is ‘n meestersgraad. Leoka is in 2021 as nie-uitvoerende direkteur by die hospitaalgroep aangestel.
# En Mail & Guardian op Vrydae:
Berig die inhegtenisneming van die leier van die 28’s-bende op die Kaapse Vlakte, Ralph Stanfield het tot verdere geweld gelei aangesien daar nou ‘n leierstryd ontketen is.
GAUTENG:
# Beeld:
Lei met die prestasie van die klas van 2023 wat ‘n slaafsyfer van 82,9-persent in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen behaal het. Dit is ‘n styging van 2,8-persent in vergeleke met 2022 en al die provinsies het ook hulle slaagsyfers verbeter.
En tweedens skryf die koerant al die leerders van Reddam House Waterfall in Midrand het gister die skool se matrieks ingewag toe hulle hul uitslae ontvang het.
# The Star en Pretoria News:
Lei met: “CLASS OF 2023 SETS HISTORIC BENCHMARK”. Die koerant is een van talle wat vandag die matriekuitslae publiseer.
# Sowetan:
Berig ook oor die matriekuitslae en skryf selfs die Oos-Kaap en Limpopo wat in die verlede gesukkel het om die paal te haal, het beter gevaar.
# En The Citizen:
Lei met: “MATRICS CREAM OF THE CROP”. Die koerant skryf die klas van 2023 moes baie struikelblokke uit die weg ruim om die besondere prestasie te behaal.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Lei ook met die matriekuitslae:
Vrystaat het weer eens die hoogste slaagsyfer in die land aangeteken met 89,03-persent. Verlede jaar het die provinsie 88,5-persent gehaal.
Daar is ook nuus oor die dux-leerder van die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein wat die beste gevaar het in die provinsie.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig Melissa Müller van Rhenish Girls’ High School in Stellenbosch is aangewys as die beste matrikulant in die land. Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga sê die voorkoms van beurtkrag en Covid maak die prestasie van die leerders meer besonders.
En tweedens skryf die koerant die Springbok-losskakel, Elton Jantjies se rugbyloopbaan lê aan skerwe nadat hy vir vier jaar geskors is vir die gebruik van ‘n verbode middel.
# En Cape Times:
Skryf ook oor die matrieks se sukses.
En berig die omstrede DA-LP Ghaleb Cachalia het uit die party en as LP bedank oor die DA se beleid jeens Israel.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die Willow Academy in Fairfield het ‘n 100-persent slaagsyfer behaal.
En skryf ook oor die lot van Elton Jantjies.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf KwaZulu-Natal se toppresteerders het nege onderskeidings behaal.
En berig daar is ‘n beroep gedoen op ouers om die matrikulante wat nie susksesvol was nie te ondersteun.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig Izak Smit van Desert Lions Human Relations Aid weier om sy plasings oor die Amerikaner, Mark Misner van WildVeld Safaris op sy sosialemediaplatforms te verwyder. Dit handel oor die jag van die woestynaangepaste leeumannetjie XPL 107, genaamd Mwezi.
En tweedens skryf die koerant ten minste drie van die ses senior bestuurders van Meatco het bedank. Hulle voer aan daar is intimidasie en ’n toksiese werksomgewing.