Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 26 Augustus 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die Padvragvereniging het die aankondiging deur die minister van Vervoer, Barbara Creecy oor Transnet se proses vir die toekenning van geleenthede aan groot ondernemings verwelkom. Creecy het aangekondig dat operateurs geïdentifiseer is terwyl die regering ‘n derdeparty-toegangsprogram toets wat vir die eerste keer Transnet se monopolie op die netwerk verbreek.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig Christopher Mgiba wat skuldig bevind is aan die Ohrigstad-plaasmoorde het na die uitspraak vir die slagoffers se families gelag in die hof.
Dan skryf die koerant die EFF-leier, Julius Malema sê die mense van Afrika moet self optree teen wetgewing wat koloniale verdrukking bevorder. Malema was die speker by die Balieraad in Nigerië.
En laastens word berig die Raad op Gesondheidsfinansiers gaan die parlementêre proses vir die aanvaarding van Nasionale Gesondheidsversekering se grondwetlikheid in die Konstitusionele Hof toets.
GAUTENG:
# The Star:
Vra of Suid-Afrika reg is vir ‘n vrouepresident. Die koerant skryf die land het egter vroulike politici in hoëprofielrolle soos adjunkpresident en speaker van die Parlement gehad, en Ivy Matsepe-Casaburi het kortstondig as waarnemende president gedien in 2005 en 2008.
# Sowetan:
Berig die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronld Lamola sê die regering is nie spyt hy het standpunt ingeneem teen Israel nie. Die betrekkinge met die VSA is swak en dit gaan nie gou verander nie.
# En The Citizen:
Skryf volgens kenners is Paul Mashatile en Fikile Mbalula se aandag meer gevestig op die presidentskap as om die beeld van die ANC te verbeter.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube het onderwysdepartemente gewaarsku om spaarsamig te werk te gaan met die begroting.
En tweedens skryf die koerant die voormalige minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor sê die ANC het sy glorie verloor en mense begin skaam voel oor die party.
OOS-KAAP:
# The Herald in Nelson Madelabaai:
Berig die misdaad in Motherwell is nou so erg dat ouers bekommerd is omdat hul kinders op skool onder beleg is.
En tweedens skryf die koerant daar word ondersoek ingestel nadat dit blyk dat die kragonderbrekings in die Baai die gevolg van sabotasie is.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf oor ‘n plaaslike familie se verassingsdrama.
En berig Rassie Erasmus het besluit om steeds die groot name te behou vir die stryd teen Nieu-Seeland.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ‘n groep seuns met hokkiestokke op rolskaatse wat eers in die strate en later in die saal van Sportklub Windhoek gespeel het, bestaan nou reeds dertig jaar. Die Kamikaze-hokkieklub en fietsryers pak nou die moordende Desert Dash aan om vir Ride2Rescue geld in te samel vir terapie in die natuur vir kwesbare tieners uit moeilike omstandighede. Dit is vandag Heldedag in Namibië.