Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 11 Junie 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig Stats SA het sy metodes om indiensneming in Suid-Afrika se informele sektor te bepaal verdedig ná kritiek deur Capitec se uitvoerende hoof, Gerrie Fourie. Hy sê die land se hoë werkloosheidsyfer word in ‘n mate opgeblaas omdat aktiwiteit in die informele mark nie ten volle in ag geneem word by berekeninge nie.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig een van die mans wat gewond is tydens ‘n skietvoorval buite die Witrivier-rugbyklub is vir sy eie veiligheid na ‘n privaat hospitaal verskuif. Die 21-jarige Pieter Burger van die klub is doodgeskiet in die voorval.
Dan skryf die webblad, die provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat, luitenant-generaal Baile Motswenyane sê die misdaadsyfer in die provinsie het gedaal. Volgens polisiestatistiek het geweldsmisdade met 7,2-persent afgeneem.
En laastens word berig president Cyril Ramaphosa het aangekondig Suid-Afrika se nasionale dialoog sal op 15 Augustus begin.
GAUTENG:
# The Star & Pretoria News:
Skryf die DA in Gauteng staar interne verdeeldheid in die gesig nadat senior lede ontevredenheid uitgespreek het oor die voorsitter van die federale raad, Helen Zille, se belangstelling om as die DA-kandidaat vir die burgemeesterspos in Johannesburg mee te ding voor die plaaslike verkiesing in 2026.
# Sowetan:
Berig oor 124 pensionarisse wat nagenoeg 12-miljoen-rand in ‘n bedrogspul verloor het. ‘n Voormalige finansiële raadgewer van Ou Mutual het na bewering reuse-verdienste belowe op beleggings.
# En The Citizen:
Lei met: “THE PAIN OF WINTER”. Die koerant skryf daar is 25-duisend dakloses in Gauteng wat op die oomblik die swaarste kry.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube sê verskeie provinsiale departemente is onder ernstige druk en hulle sal robuust moet terugsny aan hul begrotings.
Dan skryf die koerant die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê daar is geen rede tot kommer oor die toename van Covid-19 in Asiese lande nie.
En laastens is daar nuus oor Suid-Afrika se ratsheidskampioen, die skaaphond Duke. Hy is nou op pad na die wêreldkampioenskap.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die gure weer saai verwoesting in die provinsie terwyl die dodetal in die Oos-Kaap steeds styg weens oorstromings.
En tweedens skryf die koerant die hoof van die Nelson Mandelabaai-tesourie, Khanya Ngqisha wil ‘n vergadering met alle organisasies sonder winsbejag wat groot bedrae skuld, belê om te sien hoe hulle gehelp kan word.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die direkteur-generaal van KwaZulu-Natal, Nonhlanhla Mkhize het skielik bedank. Sy word betrek by die uMhlathuze-water-bedrogsaak.
En tweedens word berig oor die gure weer en stormskade in die provinsie.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die oorlewing van die bevolking woestynaangepaste leeus hang af van ’n delikate balans tussen wildlewe, gemeenskappe en toerisme.
Dan skryf die koerant die minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, Esperance Luvindao is bekommerd oor die onwettige invoer van 300 milligram-kiniensulfaattablette.
En laastens is daar nuus oor ouma Lena Bezuidenhoudt van Okahandja wat vandag 102 jaar oud word.