Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 14 Januarie 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die slaagsyfer vir studente wat die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geskryf het, het in 2024 tot 87,26-persent gestyg, die hoogste sedert die begin van demokrasie in 1994. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube is egter bekommerd oor die probleme met wetenskap en wiskunde.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die DA is bekommerd dat die matriekuitslae nie die werklike toedrag van onderwys in die land weërspieël nie. Daar bestaan nog talle ongelykhede wat uitgewis moet word.
Dan skryf die blad ook oor die geskiedkundige styging in die slaagsyfer en die prestasie van die Vrystaat met 91-persent, KwaZulu-Natal met 89,5-persent en Gauteng met 88,4-persent.
En laastens word berig oor die veroordeelde moordenaar Janusz Walus se eerste onderhoud sedert hy na Pole gedeporteer is. Na wat berig word het Walus gesê hy is spyt die moord op Chris Hani is nie beter beplan nie.
GAUTENG:
# The Star & Pretoria News:
Berig oor die Valke se ondersoek na die beweerde lekkasie van matriekuitslae voor die aankondiging deur die minister.
Tweedens skryf die koerant oor die akademiese prestasie van Gary Chapman van die St Stithians Boys’ College.
En laastens word berig die Gedragstribunaal oor bewerings van seksuele teistering teen die Oos-Kaapse regter-president Selby Mbenenge sal in ope hof plaasvind.
# Sowetan:
Lei met: “A MOMENT OF GREAT PRIDE”. Die koerant berig oor die matriekuitslae en die verhoogte toelating tot baccalaureusstudies.
# En The Citizen:
Skryf byna 80-persent van die skole in die land het ‘n slaagsyfer van tussen 80- en 100-persent.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig Rayyan Ebrahim van die Pinelands High School is die land se toppresteerder. Die Wes-Kaap se slaagsyfer het met vyf persentasiepunte tot 86,6-persent gestyg.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die matriekslaagsyfer in die Oos-Kaap is besig om te styg
En skryf tweedens ses mans is by ‘n huis in Veeplaas doodgeskiet. ‘n 21-jarige vrou het die aanval oorleef.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf die matrieks in KwaZulu-Natal het die provinsie se naam hoog gehou.
En berig die 34-jarige Junaid Singh wat by uShaka Marine World se waterglybaan beseer is, sal moontlik ‘n operasie moet ondergaan.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die besluit of watertoevoer na die besproeiingskema vanaf die Hardapdam hervat gaan word, kan dalk so gou as môre gefinaliseer word.
Dan skryf die koerant die voormalige Mej Heelal, Michelle McLean waarsku die publiek teen ’n sosialemedia-slenter wat haar beeld gebruik om mense te probeer bedrieg.
En laastens is daar nuus oor die plaaslike rolprent, Lukas, wat gekies is om by die gesogte Fespaco-filmfees vertoon te word.