Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 20 Desember 2024:
NASIONAAL:
# Mail & Guardian op Vrydae:
Skryf oor die regering van nasionale eenheid se prestasie sedert die verkiesing en oor nuwe alliansies wat reeds gevorm word.
GAUTENG:
# Beeld:
Dit is vandag ná 50 jaar Beeld se laaste uitgawe – die koerant staan sy voorblad af aan ‘n montage van leser- en nuusmakerfoto’s. Binne berig die koerant oor die vakansie wat voorlê en gee sy lesers ‘n uiteensetting van die weersomstandighede, padtoestande en vlugreëlings.
# The Star & Pretoria News:
Berig die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi het opnuut doodsdreigemente ontvang.
En skryf tweedens daar is ‘n stormloop om spazawinkels in Gauteng te registreer.
# En The Citizen:
Skryf daar is tans agt-duisend-700 gevalle van Duitse masels in die land aangemeld. Dit is die hoogste in tien jaar, maar die regering sê daar is geen rede tot kommer nie. Diegene wat dit onder lede het, moet aanmeld vir mediese sorg.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Verskyn ook vandag die laaste keer. Die koerant het ‘n montage van gesigsfoto’s van sy werknemers in die vorm van 120 op die voorblad.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig Sadou stel nie belang om die Bela-wet met Solidariteit te bespreek nie en wil die kwessie oor taal en registrasie in die hof beding.
Tweedens skryf die koerant oor ‘n sakeonderneming in Mosselbaai wat drie-duisend-rand kontant wat verlore geraak het, teruggekry het toe twee matriekleerders dit opgetel en terugbesorg het.
En laastens het ‘n visserman in Mosselbaai ‘n vrou uit die see gered deur haar met sy visstok in te katrol.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig daar is ‘n kommerwekkende toename in diefstalle en inbrake in Nelson Mandelabaai met die aanbreek van die feestyd.
En skryf tweedens ’n multidissiplinêre span onder leiding van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit se Departement van Openbare Gesondheid het ses spazawinkels in Kariega gesluit.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf oor die gedenkdiens vir die bekende Lotus FM-omroeper, Mala Lutchmanan wat oorlede is.
En berig tweedens Durban verwag ‘n toeloop van rugbygeesdriftiges die naweek vir die kragmeting tussen die Haaie en die Bulle.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig daar bestaan kommer oor die massiewe hoeveelhede stokvis, maasbanker en sardyne wat in die visbedryf gevang word.
En berig tweedens die oudlanddros, Walter Mostert, sal nóg ’n Kersfees agter tralies deurbring nadat sy appèl teen die weiering van sy borgtogaansoek gister van die hand gewys is.
Die daaglikse verslag oor hooftrekke uit die media sal op 6 Januarie 2025 hervat word.