Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 05 Desember 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die bestuur van die Suid-Afrikaanse Lugdiens is in onderhandelings met twee vlieëniersvakbonde wat dreig om van vandag af te staak. Daar is nog geen aanduiding of vliegtuie vandag vertraag gaan word nie.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig volgens ‘n Fedsas-verslag skuif al hoe meer leerders van Afrikaanse skole na meertalige skole of skole wat glad nie Afrikaans bied nie. Meer as 46-persent van Afrikaanse leerders het reeds die skuif gemaak.
Vervolgens skryf die koerant die Ansteys- en Reunion-strand in die suide van Durban is gesluit weens bakteriese besmetting.
En laastens word berig al sou SA Rugby sy kommissie in die transaksie met die Ackerley Sports Group halveer, sal die onderskeie rugbyunies dit steeds nie aanvaar nie.
# The Star & Pretoria News:
Skryf president Ramaphosa word uit talle oorde gekritiseer vir sy kabinetsveranderings.
En waarsku oor ‘n moontlike 86 uur lange water-afsnyding in Johannesburg.
# Sowetan:
Berig ses onwettige mynwerkers is uit die skag van ‘n myn in Sabie gered en in hegtenis geneem. Die polisie is op soek na nog 150 mynwerkers wat moontlik ondergronds vasgekeer is. Een van die verdagtes sê hulle is gedwing om in die myn te werk.
# En The Citizen:
Skryf oudpresident Jacob Zuma is glo gereed om die volgende stap te neem met sy party.
En berig die meeste grondeisers verkies die geld bo die grond.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig Thomas Nel wat aanvanklik vir die moord op sy vrou Jackie in 2017 aangekla is, is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Die staat kon nie bewys dat sy aanranding tot haar dood gelei het nie.
En tweedens skryf die koerant ook oor Afrikaanse leerders wat na Engelse skole toe gaan.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig oudregter Edwin Cameron, die kanselier van Universiteit Stellenbosch, sê hy het slegs sy plig nagekom om aan te dui dat daar twee weergawes van die Wilgenhof-verslag bestaan.
Tweedens skryf die koerant oor die aardskudding van 4,07 wat naby Komaggas in die Noord-Kaap voorgekom het.
En laastens is daar ‘n berig oor ‘n 64-jarige Amerikaanse vrou wat in ‘n sinkgat in Pennsilvanië geval het op soek na haar hond. Sy is steeds nie gevind nie.
# En Cape Times:
Skryf die Wilgenhof-alumnivereniging gaan voort met regstappe teen die verslag wat aanbeveel dat die koshuis vir eers sluit.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig ‘n jong man van Gqeberha is duisende rand kwyt nadat hy by die SpaceMiner-piramideskema betrokke geraak het om geld te maak om ‘n verloofring te koop.
En tweedens skryf die koerant oor ‘n vrou wat drie jaar lank voorgegee het haar lewensmaat is die pa van haar kind by ‘n ander man.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf die KwaZulu-Natalse premier, Thami Ntuli het toegetree tot die onderhandelinge om die taxistaking in die provinsie op te los.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig Namibië se eerste verkose vrouepresident, Nangolo Mbumba sal ’n helderder toekoms vir die land inlui.
En skryf tweedens die Namibiese militêre maatskappy, August 26 het ’n ondersoek van stapel gestuur oor bewerings dat ’n faktuur van agt-miljoen-rand uitgereik is vir ’n enkele motoronderdeel.