Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 12 September 2024:.
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig president Cyril Ramaphosa het ‘n dinee saam met leiers van die regering van nasionale eenheid aangebied om die koalisie se prestasie te hersien en broeiende geskille tussen vennote aan te spreek. Dit volg na openbare onenigheid oor bewerings van korrupsie teen ministers, ‘n ideologiese debat oor gesondheidsdekking, en dreigemente van die DA om weg te stap as Ramaphosa die Bela-wet onderteken.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig soos Business Day oor Ramaphosa se kommer oor die geskille in die regering van nasionale eenheid. Die koerant skryf die leiers in die regering het vergader om geskilbeslegting te bespreek.
Tweedens word berig oor ‘n kruising sonder ‘n stopteken in Strubenvale, Springs wat nou die lewe van die negejarige Khloé Pottas in ‘n motorongeluk geëis het.
En laastens skryf die koerant môre is D-dag vir die polisie om 1,3-miljoen-rand aan agterstallige huur vir sy voormalige hoofkantoor in Pretoria te betaal.
# The Star & Pretoria News:
Skryf ook oor die tweespalt in die regering van nasionale eenheid oor die Bela-wet.
En berig oor ‘n vrou wat na bewering die oorskot van ‘n rot gevind het in brood wat sy gekoop het.
# Sowetan:
Berig die Regspraktykraad het ‘n interne ondersoek van stapel gestuur na bewerings van inmening in tugsake. Dit het aan die lig gekom toe die finansiële intelligensieverslag uitgewys het daar is verdagte betalings gemaak aan amptenare wat die publiek se klagtes moet hanteer.
# En The Citizen:
Skryf die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor sê daar is sowat vier-duisend instansies en maatskappye wat nie werknemers se pensioenfondsbydraes oorbetaal het nie. Dit kom aan die lig uit eise volgens die tweepot-stelsel.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Het dieselfde hoofberig as Beeld oor die vermeende tweespalt in die regering van nasionale eenheid.
Dan skryf die koerant die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi moes moeilike vrae in die wetgewer beantwoord oor die haglike omstandighede by die Pelonomi-hospitaal.
En laastens is daar nuus oor die sewejarige Chase Borchard van Bloemfontein wat sy eie bakkery begin het.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei ook met die onmin oor Bela.
Dan word berig die weduwee en moordenaar van Taliep Petersen, Najwa is volgens berigte parool toegestaan en onder huisarres geplaas. Sy het meer as 15 van haar 23 jaar vonnis uitgedien.
En laastens is daar nuus oor agt pikkewyne wat met olie besmeer is ná ‘n oliestorting in Algoabaai.
# En Cape Times:
Skryf die polisie ondersoek die moontlikheid dat vergelding die motief was vir die skietvoorval by ‘n haarkapper in Nyanga. Drie mense is doodgeskiet en vyf gewond.
En tweedens word berig Ramaphosa is van plan om voort te gaan met die ondertekening van die Bela-wet.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap sê hy kan nie die gevaarlike R-75 onderhou totdat die veiligheid van sy kontrakteurs gewaarborg kan word nie.
En tweedens skryf die koerant ‘n groep prokureurs wil die paroolstelsel in heroorweging neem om die slagoffers van verkragters en moordenaars te beskerm.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf verdere wydverspreide watertekorte het in Durban voorgekom.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig Namibië se besluit om meer as 700 wilde diere van kant te maak vir droogtehulp haal steeds internasionale nuus wat die onderwerp sensasioneel maak.
En tweedens word daar bespiegel of Starlink in Namibië gaan vestig.