Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 04 Julie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het beheer geneem van sewe van die tien portefeuljes in die provinsiale wetgewer. Hy het die tweede grootste party in die provinsie, die DA, uitgesluit. Die DA sê hy het geweier om portefeuljes op ANC-voorwaardes in te neem.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig ook oor die nuwe regering in Gauteng en skryf die minderheid regeer nou in die provinsie. Terselfdertyd berig die koerant ook oor die inswering van die nasionale ministers in die regering van nasionale eenheid.
Tweedens word berig die wettige handel in renosterhoring kan sowat 80-miljard-rand in vyf jaar vir die land verdien.
En skryf laastens die Springbok-atleet Jacques Freitag was besig om sy lewe reg te ruk toe hy ‘n terugslag gehad het en uiteindelik vermoor is.
# The Star en Pretoria News:
Skryf ook oor die aankondiging van die provinsiale Kabinet in Gauteng.
En berig die ministers in die regering van nasionale eenheid het begin om hul planne bekend te maak.
# Sowetan:
Berig die ANC het soort van ‘n regering van provinsiale eenheid in Gauteng saamgestel. Die DA, MK en EFF is uit en die IVP, PA en Rise Mzansi is in.
# En The Citizen:
Skryf die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie staan uit die staanspoor bekend as die minister van grappe.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig die Openbare Beskermer het opdrag gegee dat daar ondersoek ingestel word na senior lede van die Vrystaatse premier se kantoor oor die besteding tydens die begrafnis van die LUR vir Onderwys, Tate Makgoe.
En tweedens is daar nuus oor die agtjarige Louis de Jager van Wepener wat soos ‘n wafferse cowboy die skape op sy pa se plaas op die rug van sy ponie aankeer.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig die Wes-Kaapse regering stel ondersoek in nadat daar geen dokter beskikbaar was toe die swaargewonde Gerhard Nel van Porterville ná ‘n plaasaanval behandel moes word nie. Nel is ná sy aankoms by die staatshospitaal dood.
En tweedens skryf die koerant oor ‘n Clifton-erf van net meer as een-duisend-een-honderd vierkante meter wat in die mark is vir 175-miljoen-rand.
# En Cape Times:
Skryf die ANC het die DA, EFF en MK-party uitgelaat in sy Gautengse regering.
En berig nog slagoffers van ‘n afspraakstoepassing het na vore gekom.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die inwoners van Nelson Mandelabaai sê hulle kan beswaarlik die nuwe elektrisiteitstariewe bekostig.
En tweedens is daar nuus oor die Walmer High School wat 2024 SA Climate Change Champs-kompetisie in Kaapstad gewen het.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf eThekwini wil sy infrastruktuur opknap om sy bruto binnelandse produk ‘n hupstoot van 670-miljoen-rand te gee.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig Erindi sê dit is ondenkbaar dat die ministerie van Myne en Energie ‘n eksklusiewe prospekteerlisensie binne ‘n private natuur- en wildreservaat sal toelaat.
En skryf tweedens die regering het nog ‘n Huwelikswetsonwerp ingedien om selfdegeslaghuwelike in Namibië te verbied.