Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 12 Junie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig oudpresident Jacob Zuma se MK-party het ‘n dringende aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om die 2024 nasionale en provinsiale verkiesing nietig te verklaar. Die koerant skryf dit is ‘n ongekende regsuitdaging vir die land se demokratiese instellings.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig ‘n regering van nasionale eenheid waarin die ANC, DA en IVP saamwerk blyk in die stadium die beste keuse te wees. Die koerant skryf daar word ook gekyk na die aanstelling van ‘n tweede adjunkpresident.
Tweedens word berig oor die bekendstelling van Aardklop 2024 wat in Centurion gehou is. Die fees word van 24 tot 29 September in Potchefstroom aangebied.
En laastens skryf die koerant dit blyk uit ‘n artikel wat in Nature Ecology en Evolution gepubliseer is dat olifante mekaar name gee en op ‘n hoë vlak kommunikeer.
# The Star en Pretoria News:
Skryf Jacob Zuma het volgens gerugte doodsdreigemente ontvang.
En berig daar is talle van die OVK-werkers wat nog nie na die verkiesing betaal is nie.
# Sowetan:
Berig City Power in Johannesburg het ‘n lys uitgegee van gebiede in die stad met die hoogste onwettige kragverbruik en die laagste betalings. Die Alexandra-township is boaan die lys.
# En The Citizen:
Skryf waarnemers waarsku indien partye nie verantwoordelik optree in hul samesprekings oor ‘n regering van nasionale eenheid nie, kan hulle die kiesers terugstuur stembus toe.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Het dieselfde hoofberig as Beeld oor die regering van nasionale eenheid.
En berig tweedens die Hooggeregshof in Pretoria het beslis die omstrede diamanthandelaar, Louis Liebenberg se aansoek teen die speurder Mike Bolhuis is nie dringend nie. Liebenberg beweer Bolhuis beswadder hom in sosialemedia.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei ook met die berig oor die regering van nasionale eenheid.
Dan word berig ‘n vragmotorbestuurder wat klippe in plaas van steenkool by die Arnot-kragstasie in Mpumalanga afgelewer het, is in hegtenis geneem.
En laastens skryf die koerant Nieu-Seeland gaan nie meer diere se uitlaatgasse belas nie.
# En Cape Times:
Skryf die UDM en Patriotic Alliance is gereed om deel te neem aan die regering van nasionale eenheid,
En berig Hamas het die VSA se skietstilstandooreenkoms aanvaar.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig ’n toevlugsoord vir wolwe in die Tsitsikamma word negatief geraak deur die uitbreking van bek-en-klouseer wat hulle kry nie meer vleis vir die diere nie.
En skryf tweedens SA Rugby het ingegryp en die OP Rugbyunie aangeraai om binne 21 dae noodverkiesings te hou om ‘n tydperk van binnegevegte te beëindig.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf Sanco het ‘n beroep op die ANC en MK-party in KwaZulu-Natal gedoen om ‘n regering te vorm om ‘n ANC/DA/IVP-koalisie in die provinsie te verhoed.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig sakelui in Tsumeb eis ‘n deel van die opbrengs van die verkoop van Dundee Precious Metals se kopersmelter aan China se Sinomine Resources Group.
En skryf byna sestig vulstasies in Namibië wat aan Shell en Engen behoort is tans te koop.