Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 03 Junie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig Suid-Afrika staan op die rand van ‘n nuwe politieke era nadat ‘n waterskeiding algemene verkiesing nie ‘n duidelike wenner kon oplewer nie. Die koerant skryf die ANC het ‘n vernederende nederlaag by die stembus gely, aangesien sy aandeel van die stemme met byna 17 persentasiepunte gedaal het.
GAUTENG:
# Beeld:
Lei saam met Volksblad en Die Burger met ‘n uitgebreide verslag oor die DA se beplande onderhandelinge met die ANC en ander partye. Twee oudleiers van die party, Tony Leon en Helen Zille sal deel uitmaak van die span. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula het intussen gesê president Cyril Ramaphosa bly deel van die onderhandelde strukture.
Die koerant gee ook ‘n volledige uiteensetting van parlementêre setels.
# The Star en Pretoria News:
Skryf oor die politieke partye wat van plan is om regstappe te doen teen die Verkiesingskommissie.
En berig oor die vernietigende storm wat Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap getref het.
# En Sowetan:
Lei met: “NOW WE WAIT”. Die koerant skryf Suid-Afrika moet wag terwyl die politieke leiers oor sy toekoms onderhandel. Die koerant skryf ook wetstoepassingsagentskappe is op gereedheidsgrondslag indien enige geweldsdreigemente uitgevoer word.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Het dieselfde voorblad as Beeld oor die verkiesing.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Lei soos Beeld en Volksblad ook met die verkiesing.
# En Cape Times:
Skryf eerstens oor die DA se klinkklare oorwinning in die Wes-Kaap.
En tweedens berig die koerant oor die lewensverlies en stormskade in die Oos-Kaap.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig oor die swaar reën wat in die Baai uitgesak het en die stormskade en lewensverlies in die oorstromings.
En tweedens skryf die koerant die Nelson Mandelabaai-metro sal sy kragtariefverhogings moet heroorweeg.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf KwaZulu-Natal het ‘n politieke ommekeer deurgaan – daar is sprake van onderhandelings tussen die IVP en MK-party om ‘n regering te vorm.
# En The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf Suid-Afrika betree nou die era van koalisieregerings.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig Swapo is oortuig die uitslae in Suid-Afrika se sewende demokratiese verkiesing nie sal oorspoel na die November-verkiesing in Namibië en ‘n uitwerking op hulle hê nie.
En skryf tweedens tydens die beraad van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied het die staatshoofde saamgestem dit is noodsaaklik dat hul aanbevelings uitgevoer word.