Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 03 November 2026:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die VSA het Suid-Afrika van die AGOA-handelsooreenkoms geskrap en dit laat vrese ontstaan dat duisende werksgeleenthede in Suid-Afrika in die slag gaan bly wanneer die belastingvrye handelstoegang tot ‘n einde kom.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê daar is geen waterkrisis in Gauteng nie. Hy sê daar is bloot ‘n skielike daling in watervlakke.
En tweedens skryf die webblad Suid-Afrika se uitsluiting van AGOA sal veral die sitrusbedryf ernstig benadeel. Dit volg ná jare se werk om die markaandeel in die VSA uit te brei.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf eerstens ook oor Suid-Afrika se verwydering uit AGOA.
En tweedens berig die koerant meer as 780-duisend spesiale stemme is op die eerste dag van die stemming uitgebring. Die OVK se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê die ontwrigtings wat voorgekom het is aangespreek en die kommissie is tevrede met die dag se algehele prestasie.
# Sowetan:
Berig honderde leerders in Gauteng wat van skoolvervoer afhanklik is, het gister die lewensoriëntering-eksamen misgeloop nadat hul bestuurders skielik gestaak het weens betalingskwessies.
# En The Citizen:
Lei met: “MAKE YOUR VOTE COUNT”. Die koerant moedig mense aan om te gaan stem en skryf Suid-Afrikaners het nou die gleentheid om die toekoms te verander.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig oor wat die koerant na verwys as verkiesingschaos in Kaapstad. Die koerant skryf 217 stemlokale het nie betyds hul deure oopgemaak nie en 70-duisend kiesers kon nie in Kaapstad stem nie.
Tweedens skryf die koerant oor ‘n agtjarige seuntjie wat skielik oorlede is, moontlik weens meningitis.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig daar was ‘n hele paar probleme op die spesiale stemdag in die Oos-Kaap. Kragonderbrekings en verwarring oor stemlokale het die proses vertraag. Intussen is die polisie in die provinsie besig om te ontplooi om brandpunte te hanteer.
En tweedens skryf die koerant ook oor Suid-Afrika se uitsluiting van AGOA.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf partye het gister die finale geleentheid gehad om kiesers te oortuig.
En berig tweedens die SAKP se streeksveldtog het in duie gestort.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ’n aanleg ter waarde van 17-miljard-rand, wat sonkrag sal gebruik om groen waterstof en ammoniak vir uitvoer na Europa te vervaardig, word aan die oostelike rand van Hentiesbaai beplan.
En tweedens skryf die koerant die minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, Sankwasa James Sankwasa, sê kiesers het die gesag om streekraadslede wat nie presteer nie te verwyder voordat hul vyfjaartermyn verstryk.
(Daar sal môre geen uitgawe van Koerantverslag wees nie, want talle nuusblaaie publiseer nie môre uitgawes nie.)