NuusFlits: Regter Hlophe uit sy amp verwyder tydens Parlement-stemming
# Die Nasionale Vergadering het ten gunste daarvan gestem om die geskorste Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe uit sy amp te verwyder. Hy is die eerste regter in die geskiedenis van Suid-Afrika wat na ‘n ampsklag uit sy pos onthef word.