Nuus 9:00
BULLETIN 13 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC sê hy betree die regering van nasionale eenheid se proses doelgerig
# DENOSA sê die tekort aan verpleegkundiges is niks minder as ‘n rampspoed nie
# En Gholf: Rory McIlroy is op pad na ‘n Grand Slam by die Meesterstoernooi
# Die ANC sê hy het ‘n opbouende vergadering met die leierskap van die DA gehou as deel van voortgesette pogings om die huidige dooiepunt in die begroting te verbreek en die regering van nasionale eenheid te wysig. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die party het die proses rakende die regering van nasionale eenheid met doelgerigtheid betree om omvattende konsensus te bou met doelwitte wat nie onderhandelbaar is nie:
# Die Demokratiese Verpleegorganisasie van Suid-Afrika sê die tekort aan verpleegkundiges in die land is niks minder as ‘n rampspoedige krisis nie. Die organisasie se kommentaar volg nadat die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, die werwing van slegs 200 verpleegkundiges in die openbare gesondheidsorgstelsel aangekondig het. DENOSA se woordvoerder, Sonia Mabunda-Kaziboni, sê in die lig van die landwye krisis in verpleegtekorte, is Motsoaledi se aankondiging nie net skokkend nie, maar ‘n reuse belediging vir die verpleegkunde-sektor:
# Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys waarsku 25-duisend ouers van huidige Graad 7-leerders het nog nie aansoek gedoen vir Graad 8-plasings in 2026 nie. Die LUR, David Maynier, versoek ouers om hul aansoeke in te dien voor die toelatingsvenster op 15 April sluit. Hy herhaal tydige aansoeke sal die regering help om te beplan vir die plasings vir Graad R-, 1- en 8-leerders in die nuwe akademiese jaar:
# Rory McIlroy beweeg al hoe nader daaraan om uiteindelik die Meesters by Augusta te wen met ‘n indrukwekkende derderonde-voorsprong van twee houe. Die 35-jarige van Noord-Ierland het gister ses-onder 66 behaal, met twee arende, om ná 54 putjies ‘n telling van 12 onder baansyfer aan teken. Christiaan Bezuidenhout en Thriston Lawrence van Suid-Afrika het nie deurgedring na die tweede ronde nie, terwyl Charl Schwartzel steeds speel vir ‘n plek in die laaste ronde.
# En laastens: PRASA sal vandag spesiale Metrorail-treindienste aanbied vir ondersteuners wat op pad is na die Nedbankbeker-halfeindstryde. Treine sal beskikbaar wees na Loftus Versfeld vir die wedstryd tussen Sundowns en Kaizer Chiefs om sesuur en ook na die Orlando-stadion vir die wedstryd tussen Orlando Pirates en Marumo Gallants om drie-uur. Pendeltreine sal elke 30 minute beskikbaar wees. PRASA sê daar is ook bykomende sekerheidsdienste vir toeskouers se veiligheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….