Nuus 9:00
BULLETIN 21 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Professor Madonsela sê menseregte is nooit aan alle Suid-Afrikaners toegeken nie
# AfriForum waarsku teen ‘n gebrekkige Krugerwildtuin mynaansoek
# En krieket: Indië se mansspan ontvang ‘n kontantbonus van 122-miljoen-rand na hulle Kampioenetrofee inpalm
# Stellenbosch Universiteitprofessor Thuli Madonsela sê dat al die menseregte wat in die Suid-Afrikaanse Handves van Menseregte, Hoofstuk 2 van die Grondwet, vervat is, nooit aan alle Suid-Afrikaners toegeken is nie. Madonsela sê die geskiedenis van Menseregtedag is gegrond op die Sharpeville-slagting wat op 21 Maart 1960 in Gauteng plaasgevind het, waar die apartheid-polisie 69 anti-apartheidbetogers doodgeskiet het:
En die DA hou vandag ‘n Menseregtedag-byeenkoms in Claremont, Johannesburg, om die aanhoudende waterkrisis en menseregteskendings aan te spreek. Die DA Federale Raad se voorsitter, Helen Zille, en verskeie ander DA-leiers sal praat oor die ernstige watertekorte wat ouer inwoners die ergste raak, asook swak dienslewering. Die DA vra vir onmiddelike optrede aangesien geboue wat aan die Stad behoort en onwettige storting lewensomstandighede bemoeilik.
# AfriForum het kommer uitgespreek oor Tenbosch Mining se omgewingsimpakstudie vir ‘n voorgestelde projek naby die Nasionale Krugerwildtuin. Hulle beskryf dit as gebrekkig en onreëlmatig. Die groep beweer die aansoekproses het van die belangegroepe en gaffekteerde partye uitgesluit, wat deursigtigheidswette oortree. Lambert de Klerk van AfriForum waarsku dat die goedkeuring van die projek ‘n presedent kan skep vir ander twyfelagtige voorstelle:
# Istanbul se burgemeester, Ekrem Imamoglu, het die regbank versoek om standpunt in te neem teen die Turkse regering se misbruik van die howe terwyl betogers vir ‘n tweede dag beswaar maak oor sy skok-arrestasie in ‘n korrupsie- en terreurondersoek. Die gewilde burgemeester, wat president Recep Tayyip Erdogan se belangrikste politieke mededinger is, is in hegtenis geneem enkele dae voordat hy as die CHP se kandidaat vir die 2028 presidensiële wedloop aangewys sou word.
# En, Krieket: Indië se mansspan het ‘n kontantbonus van 122-mijoen-rand ontvang omdat hulle die Kampioenetrofee gewen het wat deur Pakistan aangebied is. Die is driekeer meer as die prysgeld vir die eendag-toernooi. Indië se beheerliggam, die BCCI, wat as die rykste krieketraad in die wêreld beskou word, sê die oorwinning kort nadat hulle die T20-Wêreldbekertoernooi gewen het, is iets besonders en die finansiële beloning erken Indië se toewyding en uitmuntendheid op die wêreldtoneel. Die bedrag word verdeel tussen die spelers, die ondersteuningspersoneel en die keurders.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….