Nuus 9:00
BULLETIN 27 Desember 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AZAPO vra die SAOG om in te gryp by die onrus in Mosambiek
# Die Nasionale Christelike Forum sê daar is geen hoop vir gewone burgers met die regering van nasionale eenheid nie
# En Sokker: Manchester City betaal die prys vir Haaland se mislukte strafskop in die gelykopwedstryd teen Everton
# Die Azanian People’s Organisation is bekommerd oor die onstabiele situasie in Mosambiek en doen ‘n beroep op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om in te gryp en te help om die geweld hok te slaan. Gewelddadige betogings het in Mosambiek opgevlam nadat sy hoogste hof Maandag uitspraak gelewer het oor die betwiste verkiesingsuitslae. Die woordvoerder, Jabu Rakwena, sê SAOG het pas ‘n operasie teen die opstand in die Cabo Delgado-streek afgehandel:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê met president Cyril Ramaphosa aan die hoof, het die driedubbele uitdaging van armoede, ongelykheid en werkloosheid vererger, wat op sy beurt die lot van gemeenskappe vererger het. Die forum se leier, Marothi Mashashane, sê die harde werklikheid is talle worstel steeds met onoorkombare struikelblokke. Hy sê baie kwesbare mense het hierdie maand nie eens hul 370-rand-toelaag ontvang nie:
# Die Jeugliga van die MK-party vra jongmense op dringend op te staan, selfvoldaanheid te verwerp en afleidings te weerstaan. Woordvoerder Nkateko Mkhabela sê in die organisasie se Nuwejaarsboodskap jeugverteenwoordiging in besluitneming moet noodsaaklik word. Mkhabela sê 2025 verteenwoordig ‘n nuwe hoofstuk van weerstand teen neo-liberale beleid. Sy vra eenheid en gesamentlike energie om ‘n Suid-Afrika te skep wat die aspirasies van sy mense verteenwoordig.
# Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie en ander VN-personeel was Donderdag by Jemen se internasionale lughawe in Sanaa tydens ‘n Israelse lugaanval. Tedros Adhanom Ghebreyesus sê hy en personeel was op die punt om aan boord ‘n vliegtuig te gaan toe die lughawe onder ‘n lugaanval deurgeloop het. Volgens Houthi-mediaberigte is kragstasies en hawens ook getref. Minstens drie mense is dood en tientalle beseer. Die rebelle het die aanvalle as “barbaars” bestempel nadat Israel verantwoordelikheid aanvaar het.
# Sokker: ‘n Mislukte strafskop deur Erling Haaland in die tweede helfte het Manchester City se ellende net groter gemaak en gelei tot ‘n gelykop telling van een-elk teen Everton op die Etihad-stadion. City was vroeg voor danksy ‘n doel deur Bernardo Silva, maar Iliman Ndiaye het 22 minute later vir Everton die telling gelyk gemaak. Hoewel City die laaste vier Premierliga-titels gewen het, kon hulle tot dusver net een keer in 13 wedstryde wen. City-bestuurder, Pep Guardiola, het voor die wedstryd reeds toegegee sy span loop gevaar om vir die eerste keer in 15-jaar nie vir die Kampioeneliga te kwalifiseer nie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-82-sent teen die dollar, 19-rand-59-sent teen die euro en 23-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 96-duisend-7-dollar. Die prys van goud is een-duisend-632-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-81-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….