Nuus 9:00
BULLETIN 2 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Hooggeregshof sal vandag uitspraak lewer oor Mapisa-Nqakula se aansoek om haar inhegtenisneming te voorkom
# Die ACDP veroordeel ‘n ANC-plakkaat wat partye daarvan beskuldig dat hulle die moorde in Gaza steun
# En sokker: Adidas stop die verkoop van die Duitse nommer 44-trui oor sy Nazi-simboliek
# Die ACDP sê hy het met afkeur die plakkaat opgemerk waarin die ANC hom en ander partye beskuldig van steun aan die slagting van mans, vroue en kinders in Gaza. ACDP-beamptes was verlede maand op ‘n vredesending na Israel. Marie Sukers van die party sê die ANC se optrede oor die afgelope dekade, en in sy rol in die Israel-Gaza-konflik toon hy het sy morele kompas en sy geloofwaardigheid as ware vredesonderhandelaar verloor:
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal vandag in die Hooggeregshof in Pretoria hoor of haar dringende hofaansoek, om haar inhegtenisneming te keer, suksesvol was. Sy word daarvan beskuldig dat sy omkoopgeld van miljoene rande van ‘n militêre kontrakteur aanvaar het terwyl sy die minister van Verdediging en Militêre Veterane was. Mapisa-Nqakula staan tereg op 12 aanklagte van bedrog en korrupsie. In haar interdik-aansoek het sy beweer daar was onreëlmatighede in die ondersoek teen haar, en gesê die Ondersoekdirektoraat het haar waardigheid en goeie reputasie ondermyn.
# Die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng sê hulle wag vir die uitslae van die laaste reeks toetse om te bevestig of die waterbesoedeling suksesvol bekamp is. Dit volg op die munisipaliteit se aankondiging oor die naweek, dat water besmet is in sommige dele van die Vaal-gebied, insluitend Sebokeng Sone 7, Palm Springs, Beverley Hills, Lakeside en Everton. Tegnici meen ‘n ineengestorte rioolpypleiding is die oorsaak van die besoedeling. Die munisipaliteit sê inwoners moet volhou om water te kook voor verbruik.
# Sokker: Adidas het sokkeraanhangers verbied om die Duitse nasionale trui te koop wat met die nommer 44 gepasmaak is, weens kommer dat dit soos die Nazi se SS-simbool lyk. Die Schutz-Staffel, of SS-beskermingspan, was aanspreeklik vir talle misdade teen die mensdom onder Adolf Hitler se Nazi-regime. Adidas het ontken dat die nommer op die trui se ooreenkoms met die Nazi-simbole opsetlik was, en sê as ‘n maatskappy is hulle daartoe verbind om xenofobie, anti-Semitisme, geweld en haat teen te staan. Die nuwe truie is verlede maand bekendgestel voor die Europese sokkerkampioenskap in Duitsland, wat op 14 Junie afskop
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen18-rand-95-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 23-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-492-dollar-20-sent. Die prys van goud is twee-duisen-250-dollar-92-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-76-sent per vat.
# En ter afsluiting: Die Mangosuthu Universiteit vir Tegnologie sê minstens 270 verdienstelike studente kan vir die 2024-akademiese jaar registreer nadat hy meer befondsing van donateurs verseker het. Die studenteraad het in 2020 ‘n fonds geskep om studente met vorige skuld te help. Altesaam 500 studente het vanjaar vir die SR-trustfonds aansoek gedoen. Doktor Mthoko Ntuli van die universiteit sê hulle het in Februarie 1,1-miljoen-rand van die Motsepe-stigting ontvang:
Bly ingeskakel vir meer nuus………………