Nuus 8:00
BULLETIN 27 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa lewer vandag die Vryheidsdag-hoofrede in Mpumalanga
# Build One South Africa stel vandag ‘n handves bekend om werkskepping te stimuleer
# En rugby: Oorwinnings vir al vier SA spanne in die Verenigde Rugby-kampioenskappe
# President Cyril Ramaphosa lewer vandag die hoofrede by die Vryheidsdagviering op die AJ Swanepoel-stadion in Ermelo, Mpumalanga. Die dag gedenk Suid-Afrika se eerste nierassige demokratiese verkiesing in 1994. Dit vier ook die beginsels in die Grondwet, naamlik menswaardigheid, gelykheid voor die reg en beskerming van basiese regte. Vanjaar se herdenking sluit die jaar lange viering van 30 jaar van vryheid af.
En, terwyl Suid-Afrika vandag op Vryheidsdag 30 jaar van demokrasie vier, wil Build One South Africa die dag gebruik om ‘n dapper nuwe visie vir land se toekoms bekend te stel. BOSA gaan sy plan, A Growth Charter for South Africa: A Path to 5% Economic Growth, onthul. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê dis ʼn gedetailleerde en praktiese plan om die kern van die land se verslegtende krisis, naamlik ʼn ekonomie wat nie groei nie, aan te spreek:
# Die GOOD-party sê Kaapstad se Townshipontwikkeling-heffingsfonds is ondoeltreffend en bereik nie sy teikens nie. Die raad het die fonds verlede jaar goedgekeur en 20-miljoen-rand geoormerk om ontwikkelingsheffings te subsidieer vir kleinskaalse huureenhede, om beleggings te ontsluit en toegang tot behuising in aangewese gebiede te verbeter. Suzette Little van GOOD sê die fonds moet dringend her-bestem en geherstruktureer word voordat enige bykomende staatsfondse toegewys word:
# Die Amerikaanse president Donald Trump en Oekraïense leier Volodymyr Zelensky, wat gister in Rome was vir die begrafnis van Pous Franciskus, het in ‘n een-tot-een gesprek in die Vatikaan probeer om die wankelende vredespogings in Rusland se oorlog met Oekraïne weer op koers te kry. Zelensky het gesê die vergadering kan geskiedkundig wees as dit die soort vrede oplewer waarvoor hy hoop. ’n Woordvoerder van die Withuis het dit as baie produktief beskryf. Dit was hul eerste ontmoeting sedert hulle rampspoedige vergadering in die Withuis.
# En, Rugby: Al vier die Suid-Afrikaanse spanne het hierdie naweek hul wedstryde in die United Rugby Championships gewen. Die Bulle het die verdedigende kampioene Glasgow met 26-19 op Scotsdoun-stadion verslaan, en die Haaie het Ulster in Belfast met 22-19 oorwin. Die Leeus het Connacht op Ellis Park met 26-7 geklop. Gisteraand was die Stormers uitstekend op hul tuisveld in Kaapstad en het Benetton met 56-5 geklop. Hierdie bonuspunt-oorwinning beteken dat die Stormers van die agtste na sesde posisie op die punteleer opskuif. Die tuisspan het sewe drieë aangeteken en Sacha Feinberg-Mngomezulu het 26 punte bygedra. Die rustydtelling was 30-0.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….