Nuus 8:00
BULLETIN 13 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA hou ‘n konstruktiewe vergadering met die ANC
# Donald Trump dreig om nie die G20-beraad in SA by te woon nie, verwys na gewaande grondonteiening en volksmoord
# En Rugby: Die Bulle verloor teen Edinburgh en is uit die Europese Uitdaagbeker
# Die DA sê sy onderhandelingspan het met ‘n afvaardiging van die ANC in Johannesburg vergader. Die beraadslagings volg in die nasleep van die onlangse geskil oor die Nasionale Begroting se Fiskale Raamwerk, wat ‘n een-persent BTW-verhoging oor twee jaar behels. Die DA se woordvoerder, Helen Zille, sê die party herhaal sy standpunt dat ‘n BTW-verhoging onbekostigbaar is in die afwesigheid van betekenisvolle hervorming om ekonomiese groei te verhoog en werk te skep:
# Die Amerikaanse president Donald Trump het op sy sosiale media platform, Truth, gesê hy sal dalk nie in November die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie. Hy bevraagteken hoe daar van wêreldleiers verwag kan word om die geleentheid by te woon en beweer grondonteiening en volksmoord sal die onderwerp van bespreking wees. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder, Crispin Phiri, het in reaksie op Trump gesê Suid-Afrika behoort aan almal wat daar woon. Hy het bygevoeg die Grondwet beskerm alle mense, nie omdat hulle swart of wit is nie, maar omdat hulle mense is.
Intussen het die EFF gesê hy neem kennis van die sosiale media-plasing waarin Trump sê hy het sy bedenkinge oor die bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika. ʼn Woordvoerder, Sinawo Thambo, sê Trump voer grondgrype en volksmoord as rede aan en het ʼn video geplaas van Julius Malema wat in die Suid-Afrikaanse Parlement oor die grondvraagstuk praat:
# Die Stad Kaapstad se Departement van Gemeenskaps-, Kuns- en Kulturele Ontwikkeling ondersteun organisasies sonder winsbejag om hawelose mense te help. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê as deel van sy jaarlikse Winter-gereedheidsprogram sal die stad hulpbronne verskaf sodat die organisasies hul skuilings se kapasiteit kan verbeter, en verskaf ook ondersteuningsdienste om kwesbare inwoners te help:
# En Rugby: Die Bulle het gistermiddag sy kans verspeel om deel te wees van die res van die Uitdaagbeker toe hulle hul kwarteindstryd-teen Edinburgh met ‘n telling van 34-28 in die Skotse hoofstad verloor het. Die Bulle se terugkeer in die tweede helfte was net nie genoeg ná ‘n droewige eerste helfte nie. Die tuisspan het rustyd reeds met 24-7 voorgeloop. In gister se ander kwarteindstryde, het die Parys-gebaseerde Racing die Ierse span, Connacht met 43-40 geklop en Lyon het die Walliese Ospreys net-net met 20-18 die loef afgesteek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….