Nuus 8:00
BULLETIN 12 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# DA-kongres kies vandag sy nuwe leierskap
# Die Inkomstediens sê trusts wat nie belastingopgawes indien nie gaan beboet word
# En, die Kaapse Misdaadkoalisie waarsku teen voortgesette bendemoorde op die Kaapse vlaktes met weermagontplooiing
# Meer as twee-duisend afgevaardigdes by die DA se verkiesingskongres sal vanoggend in Midrand, Gauteng, ‘n nuwe leier verkies om John Steenhuisen op te volg. Die twee kandidate wat om die posisie meeding, is Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, die voorloper, met die koukusleier van Sedibeng Munisipaliteit, Sibusiso Dyonase wat hom teenstaan. Afgevaardigdes sal ook ‘n federale voorsitter en drie adjunkvoorsitters kies. Die kongres se voorsittende beampte, Werner Horn, verduidelik die elektroniese stemproses:
Afgevaardigdes by die kongres het ook ‘n voorstel verwerp om ‘n adjunk-federale leier aan te stel. Die voorstel om die party se grondwet te wysig, wat deur Gauteng se Pogiso Mthumunye ingedien is, het 50,08-persent van die stemme ontvang, wat minder as die vereiste drumpel van 66-persent. Mthumunye glo die posisie is nodig om die federale leier te help, veral aangesien die party nou in die regering van nasionale eenheid is. Verskeie senior DA-leiers het egter aangevoer die federale voorsitter, gegewe hul verantwoordelikhede, dien reeds effektief as die party se nommer twee.
# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vra alle geregistreerde trusts om jaarlikse inkomstebelastingopgawes in te dien, selfs al het hulle geen finansiële aktiwiteit gehad nie. Jan Taks waarsku dit kan lei tot boetes of persoonlike aanspreeklikheid vir trustees. Die diens sê trustees moet nakoming verseker voordat hulle die beëindiging van ‘n trust deur die Meester van die Hooggeregshof versoek. Die diens sê ook trusts moet alle belastingaangeleenthede voor deregistrasie afhandel om vertragings te vermy, terugbetalings te voorkom en die wettige sluiting van die trust te verseker.
# Die voorsitter van die Kaapse Misdaadkrisis-koalisie, Llewellyn Macmaster, sê bendegeweld in Kaapstad het toegeneem sedert die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Weermag in die Wes-Kaap. Daar is berig dat meer as 30 mense in bendeverwante skietery dood is sedert die ontplooiing. Hy het kommer uitgespreek dat die militêre teenwoordigheid nie die voortdurende geweld in die betrokke gemeenskappe stopgesit het nie. Hy doen ‘n beroep op langer termyn, gemeenskapsgedrewe oplossings bykomend tot militêre ontplooiing.
# Amerikaanse en Iranse onderhandelaars het gister hoëvlak-gesprekke in Pakistan gevoer om te probeer om die ses weke lange oorlog te beëindig. Die gesprekke in Islamabad is die eerste direkte ontmoeting van die VSA en Iran in meer as ‘n dekade. Die visepresident van Amerika, JD Vance, spesiale gesant Steve Witkoff en Trump se skoonseun, Jared Kushner, en die Iranse parlementêre speaker Mohammad Baqer Qalibaf en minister van Buitelandse Sake, Abbas Araqchi het vir twee ure ontmoet. Die Straat van Hormoes, wat effektief deur Iran geblokkeer is, maar wat Trump belowe om te heropen, is van kritieke belang vir die onderhandelinge wat vandag voortduur.
# En ten slotte; Tennis: Carlos Alcaraz het gister die plaaslike gunsteling, Valentin Vacherot met 6-4, 6-4 geklop om sy plek in die 2026 eindstryd van die Monte Carlo Meesters te behaal. Alcaraz maak sy derde verskyning in Monte Carlo en het verlede jaar die titel verower. Sy oorwinning vroeër die week toe hy Alexander Bublik met 6-3, 6-0 geklop, was sy 300ste oorwinning op toervlak. Die Spanjaard sal nou die wêreld se nommer twee, Jannik Sinner van Italië, in hul eerste ontmoeting van die jaar pak, met die wenner wat volgende week as die wêreld se nommer een in die ATP-ranglys aangewys sal word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….