Nuus 21:00
VERKIESINGSBULLETIN 29 Mei 9 nm
Goeienaand. Ek is……..
In hierdie spesiale verkiesingsbulletin:
# Die Verkiesingskommissie ervaar ’n toeloop van laat kiesers by stemlokale
# Die kommissie is onseker wanneer die eerste resultate sal inkom
# En die polisie gryp in by gevegte onder party-ondersteuners by die Jabulani-hostel in Soweto
# Die Verkiesingskommissie sê hy is tevrede dat hy die meeste haakplekke kon uitstryk wat vroeër vandag aangemeld is sodat stemmery verder glad kon verloop. Die OVK is nog besig om ‘n groot getal kiesers in veral Gauteng, die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap by stempunte deur te laat om hul kruisies te trek. Die uitvoerende hoof van die OVK, Sy Mamabolo, sê hulle het maatreëls ingestel om kiesers in gebiede te hanteer waar ‘n groot toeloop voorkom:
Mamabolo, sê intussen dis moeilik om te bepaal wanneer die eerste uitslae sal begin inkom. Die stempersentasie is hoog en daar is drie stembriewe per kieser wat getel moet word. Hy sê in die verlede het uitslae teen eenuur die oggend begin inkom, maar beklemtoon dit gaan nie nou die geval wees nie. Mamabolo verduidelik die telproses, wat sal begin sodra die stemmery afgehandel is:
# En ten slotte: Die Gautengse Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê hy kon daarin slaag om ‘n geveg onder party-ondersteuners by die Jabulani-hostel in Soweto te stop. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê dronk ondersteuners het naby die stemlokaal onder mekaar baklei en Verkiesingskommissie-beamptes en wetstoepassers beledig. Muridili sê die Openbare-orde-polisie is as versterking ingeroep en geen saak is aanhangig gemaak nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….