Nuus 18:00
BULLETIN 18 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum vra Ramaphosa om die Onteienings-wetsontwerp te heroorweeg
# ActionSA beskuldig die DA van uitbuiting van Wes-Kaapse munisipale bronne vir stemwerwing
# En, motorsport: Leclerc sê Ferrari sal in China beter meeding met Red Bull
# AfriForum se regspan het president Ramaphosa versoek om die grondwetlikheid van die Onteienings-wetsontwerp te heroorweeg deur dit na die Parlement terug te stuur. Dit volg ná goedkeuring deur die Nasionale Raad van Provinsies. AfriForum se hoof van Openbare Betrekkinge, Ernst van Zyl, sê dis noodsaaklik om die regering te verhoed om onbeheerde mag oor eiendom te hê. Hy sê die wetsontwerp bedreig privaat eiendomsreg in Suid-Afrika:
# ActionSA gaan ‘n klagte indien by die Verkiesingskommssie en die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Wes-Kaap nadat ‘n munisipale voertuig na bewering vir DA-verkiesingsbedrywighede in Grabouw gebruik is. Die party beweer hy het foto’s en video’s van kos-aflewering aan DA-lede wat plakkate opgesit het. Hy glo dit weerspieël ‘n breër neiging van politieke partye wat die grense oorskry tussen party- en staatsfunksies. ActionSA merk ook die stelselmatige verwydering van sy plakkate op en vra voldoening aan verkiesingstandaarde vir regverdige verkiesings.
# Die Nasionale Kredietreguleerder teken ‘n oplewing aan in Suid-Afrikaners wat op krediet staatmaak aangesien die algehele krediet wat toegestaan is met vier-persent toegeneem het. Volgens die Verbruikerskredietmarkverslag is krediet tussen Oktober en Desember verlede jaar tot 148,15-miljard-rand toegestaan. Kredietooreenkomste het kwartaalliks met 23,39-persent gestyg. ‘n Ontleder van die reguleerder, Lethabo Mashiane, beklemtoon die uitdaging waarmee verbruikers worstel om maandelikse paaiemente na te kom, wat ‘n kommerwekkende neiging aandui van toenemende skuld, ondanks die algehele gesondheid van die kredietsiklus.
# Meer as die helfte van Suid-Afrika se dak-sonkragstelsels is steeds nie geregistreer nie, wat kommer wek oor veiligheid en regulasies. Registrasie is nodig om netwerk-bestendigheid en veiligheid op munisipale vlak te verseker. Volgens Eskom is meer as vyf-gigawatt dak-sonkrag aangebring. Munisipaliteite moedig nou inwoners aan om die aanlyn platform Sustainable Energy Africa te gebruik, wat munisipaliteite help om registrasies vaartbelyn te maak. Die projekkoördineerder, Sinawo Sigalelana, sê teen gister is een-duisend-en-79 aansoeke ontvang en in meer as die helfte is toestemming vir installering gegee.
# Motorsport: Charles Leclerc sê Ferrari sal tydens die naweek se Chinese Grand Prix beter meeding met Red Bull, maar hy verwag nogtans sy geveg sal wees vir mindere plekke op die podium. Formule Een is die eerste keer in vyf jaar terug in China met ‘n volgepakte program, wat Saterdag se snelren insluit. Max Verstappen en Sergio Perez van Red Bull het twee weke gelede in Japan oorheers en eerste en tweede geëindig, gevolg deur die Ferrari’s van Carlos Sainz en Leclerc. McLaren se nuweling, Oscar Piastri, verwag sy span gaan sukkel:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-13-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 23-rand-82-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-979-dollar-45-sent. Die prys van goud is twee-duisend-378-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-6-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….