Nuus 18:00
BULLETIN 21 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Solidariteit verwelkom FlySafair se huiwerige terugkeer na die onderhandelingstafel
# Die regering kritiseer ‘n joernalis van Times of Israel oor beweerde roekelose beriggewing
# En rugby: Die kaptein van die Junior Bokke sê sy krieket-agtergrond het sy leierskaps-vaardighede geslyp
# Solidariteit sê FlySafair het uiteindelik ingestem tot bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, maar eers ná openbare druk en ‘n dreigende langdurige staking deur vlieëniers. Byna 90-persent van FlySafair se vlieëniers het vroeër aangedui hulle is bereid om te staak, waarna die lugredery met ‘n weeklange uitsluiting gedreig het. Helgard Cronjé van Solidariteit het FlySafair daarvan beskuldig dat hulle samesprekings vertraag, met onderhandelings wat eers Woensdag begin. Cronjé vra dringende oplossings wat die werkers en passasiers beskerm. FlySafair het reeds verskeie plaaslike vlugte gekanselleer.
# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het ‘n joernalis van Times of Israel, Paula Slier, gekritiseer oor die beweerde verspreiding van roekelose en ongestaafde bewerings dat Suid-Afrika Hamas ondersteun het voor sy aanvalle op Israel op 7 Oktober 2023. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, het Slier in ‘n ope brief veroordeel omdat sy die bewerings van ‘n selfaangestelde aktivis, Justin Lewis, versprei ondanks ‘n gebrek aan bewyse. Phiri waarsku dat sulke beriggewing samesweringsteorieë aanvuur, etiese joernalistiek ondermyn en waninligting aanwakker.
# Die EFF-leier, Julius Malema, het die leier van die MK-party, Jacob Zuma, se onlangse besoek aan Marokko gekritiseer en noem dit uiters misleidend. Zuma het verlede week met Marokko se minister van Buitelandse Sake, Nasser Bourita, vergader, na bewering om Marokko se Sahara-outonomie-strategie te ondersteun. Malema het buite die Oos-Londense Landdroshof Zuma se standpunt gekritiseer, steun vir Sahrawi-onafhanklikheid herbevestig en die MK-party beskuldig dat hy die bevrydingstryd met sy beleidsverskuiwing verraai:
# Rusland het, wat hy die grootste hommeltuigfabriek ter wêreld noem, ten toon gestel toe hy seldsame beeldmateriaal uitgesaai het van binne ‘n aanleg waar sy dodelike aanvals-hommeltuie aanmekaargesit word. Die hommeltuie, wat daagliks op Oekraïne afgevuur word, is uitgesaai op die TV-kanaal Zvezda, wat aan die Russiese ministerie van Verdediging behoort. Dit wys hoe werkers pikswart driehoekige aanvals-hommeltuie aanmekaarsit. Die Geran-hommeltuie van Rusland is geskoei op die Iranse Shahed-hommeltuie, wat Teheran ook aan Moskou verskaf het om sy aanvalle te ondersteun.
# Rugby: Die kaptein van die Junior Springbokke, Riley Norton, sê sy krieketagtergrond het sy leierskapsvaardighede vir rugby ontwikkel, wat bygedra het tot hulle oorwinning in die Onder-20-Wêreldkampioenskap. Hy het met die span se terugkeer gesê krieket het hom lesse geleer wat hy na die rugbyspan oorgedra het. Norton was ‘n uitblinker op verlede jaar se onder-19-Wêreldbeker-kriekettoernooi. Hy beskryf die oorwinning in Italië as die grootste dag van sy lewe en loof die span se eenheid, die afrigters en Suid-Afrikaners se ondersteuning:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-73-sent teen die dollar, 20-rand-71-sent teen die euro en 23-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 119-duisend-88-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-395-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 68-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….