Nuus 18:00
BULLETIN 25 Maart 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Rise Mzansi vra die regering om nie staatsgeld te gebruik vir Mapisa-Nqakula se regskoste nie
# Die Departement van Hoër Onderwys deregistreer Damelin, Lyceum College en CityVarsity
# En, rugby: Nog ‘n Stormers-loskop is beseer
# Rise Mzansi het president Cyril Ramaphosa en die sekretaris van die Parlement, Xolile George, gevra om te verseker belastingbetalersgeld word nie gebruik vir die regskoste van die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nie. Sy doen aansoek om ‘n interdik teen haar dreigende inhegtenisneming in ‘n ondersoek na korrupsiebewerings. Hulle eis ‘n antwoord binne sewe werksdae. Die party sê dit is onaanvaarbaar dat openbare geld gebruik word vir die verdediging van politici soos oudpresident Jacob Zuma en die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, terwyl burgers ly.
# Die GOOD-party sê hy het die voormalige Springbok-afrigter Peter de Villiers ontneem van beide sy partylidmaatskap en sy posisie as lid van die Wes-Kaapse wetgewer na bevindings van seksuele wangedrag. Die besluit volg nadat ‘n tugproses bevind het De Villiers het die party se grondwet en gedragskode oortree. Bewerings het op 31 Januarie na vore gekom, wat gelei het tot sy onmiddellike skorsing, hangende ‘n ondersoek. GOOD se nasionale voorsitter, Matthew Cook, sê adjunksekretaris-generaal Suzette Little is ingehuldig om De Villiers se termyn te voltooi:
# Die Departement van Hoër Onderwys het die registrasie herroep van Damelin, CityVarsity, Icesa City Campus and Lyceum College omdat Educor nie ge-ouditeerde finansiële verslae ingedien het vir 2021 en 2022 nie. Honderde-duisende students is gestrand gelaat na die kansellasie van hulle registrasie. Die direkteur-generaal van die departement, Nkosinathi Sishi, sê privaat tersiêre instellings moet voldoen aan finansiële verslagregulasies soos vervat in die Wet op Hoër Onderwys. Educor bestuur tien onderwyshandelsmerke op tientalle nasionale en internasionale kampusse.
# Die Grensbestuursowerheid sê hy skerp regulasies op oor landbou- en omgewings-invoere om die inbring van indringerspesies te keer. Met toerisme en handel wat floreer, neem pogings toe om natuurlewe-smokkelary teen te werk met verbeterde opsporingsmaatreëls en inter-jurisdiksie-ooreenkomste. Die kommissaris, Michael Masiapato, sê met Paasnaweek op hande, word reisigers aangemoedig om te hou by protokolle vir ‘n veilige en doeltreffende grenservaring:
# Rugby: Die Stormers se oortuigende Verenigde Rugbykampioenskaps-oorwinning Saterdag oor Edinburgh in Kaapstad het sy tol geëis, met die loskopstut Lizo Gqoboka wat terug is op die krukkelys. Hy het pas teruggekeer na ‘n besering. Brok Harris moes weer op die veld draf toe Gqoboka moes afstap laat in die wedstryd, wat die Stormers 43-21 gewen het. Die Kaapse span sit nou met ‘n krisis in die posisie, met ander loskopstuute wat ook kranklik is. Die Stormers het gevorder tot vyfde op die punteleer en speel die naweek tuis teen Ulster.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-87-sent teen die dollar, 20-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-123-dollar-34-sent. Die prys van goud is twee-duisend-178-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-76-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….